Die voormalige Olimpiese bronsmedaljewenner Henri Schoeman het hom toe soos verwag aan die individuele driekampbyeenks by die Statebondspele onttrek.
Dié byeenkoms wat uit 750 m swem, 20 km fietsry en 5 km hardloop bestaan, vind Vrydag in Birmingham plaas.
Schoeman het laat Donderdagaand besluit hy sal eerder Sondag aan die gemengde aflosbyeenkoms (twee mans en twee vroue) deelneem en Suid-Afrika probeer help om hier 'n medalje te wen.
Elke lid van die aflosspan sal 300 m swem en 2 km hardloop.
Schoeman het verlede naweek die eerste keer weer aan 'n byeenkoms deelgeneem nadat hy lank beseer was.
Hy het by verlede jaar se Olimpiese Spele in Tokio 'n ernstige enkelbesering opgedoen en moes hom aan die kompetisie onttrek.
Die mans se driekampbyeenkoms begin Vrydag om 12:00. - Sarel van der Walt





















