Suid-Afrika se veteraan-swemheld Chad le Clos het Sondagaand die 18de Statebondspele-medalje in sy lang loopbaan verower toe hy die 200 m-vlinderslag vir mans met die silwermedalje tevrede moes wees.
Nieu-Seeland se Lewis Clareburth (1:55.60) het die 30-jarige Suid-Afrikaner (1:55.89), wat ná die laaste draaislag nog voor was, in die laaste paar meter van hul resies verbygesteek en net-net geklop.
Met dié medalje ewenaar Le Clos die Statebondspele-rekord vir die getal medaljes wat 'n enkele individu kon wen.
• Hou Netwerk24 dop vir meer later.












