Nóg 'n goue medalje vir Suid-Afrika!
Die Olimpiese swemmer Pieter Coezee (18) het laat Saterdagaand in die 100 m-rugslag vir mans by die Statebondspele in Birmingham, Engeland, net-net met die louere weggestap.
Hy het die goue medalje met 'n tyd van 53.78s voor die neus van Engeland se Brodie Williams (53.91s) weggeraap net toe dit gelyk het of die Engelsman sou wen.
Sy oorwinning volg net enkele ure nadat Lara van Niekerk die goue medalje in die 50 m-borsslag vir vroue gewen het.
Dié twee goue medaljes is die enigstes wat Suid-Afrika tot dusver kon wen.
Hou Netwerk24 dop vir meer later.





















