Die Suid-Afrikaanse 4x100-wisselslag-aflosspan vir vroue het Woensdagaand in die laaste item van die swembyeenkoms op die Statebondspele 'n vierde plek losgeswem.
Rebecca Meder, Lara van Niekerk, Erin Gallagher en Aimee Canny was lank in die derde plek, maar is uiteindelik net-net deur Engeland om die bronsmedalje geklop.
Australië het in 3:54.44 gewen, gevolg deur Kanada 3:56.59 en Engeland in 3:59.44.
Die vier Suid-Afrikaners se tyd was 3:59.63.
Meder het vroeër in die aand in die eindronde van die 50-rugslag agtste geëindig in 28.66.
In die 400-vryslag vir vroue het Duné Coetzee in die eindronde agtste geëindig in 4:15.53.
Suid-Afrika het 11 medaljes by die swembyeenkoms gewen. Hiervan was vier goud, vier silwer en wen drie brons. Australië (65), Engeland (32), Kandana (20) en Nieu-Seeland (9) het bo Suid-Afrika op die punteleer geëindig.
Nieu-Seeland is bo Suid-Afrika (vyfde) op die punteleer omdat hy een meer goue medalje as Suid-Afrika verower het.












