Sako fokus nét op Statebondspele

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Shabnim Ismail gister in aksie in die Protea-vrouespan se eerste eendagwedstryd teen Ierland. Die Proteas het op ’n drafstap met nege paaltjies gewen, nadat hulle vir Ierland vir 69 lopies uitgeboul het. Ismail is deel van die span wat SA by die Stat
Shabnim Ismail gister in aksie in die Protea-vrouespan se eerste eendagwedstryd teen Ierland. Die Proteas het op ’n drafstap met nege paaltjies gewen, nadat hulle vir Ierland vir 69 lopies uitgeboul het. Ismail is deel van die span wat SA by die Stat

Sy teenspoed met beserings het hom die afgelope tyd 'n bietjie mismoedig gehad, maar die Blitsbokke se Sako Makata het geleer dat elke keer se opstaan ná 'n terugslag van hom 'n beter speler maak.

Hy moes tot onlangs toe nog weens 'n besering toekyk hoe die Blitsbokke stotter, maar op Twickenham in die Blitse se laaste toernooi was hy terug op die veld en kon hy sy span darem tot 'n vyfde plek help.

Met die oog op aanstaande maand se Statebondspele en die Wêreldbeker in September is Makata erg opgewonde.

"Dit was lekker om net weer op die rugbyveld te wees. As 'n span wou ons groei en ek dink dit is wat gebeur het. Ons was nie gelukkig met hoe ons (in Toulouse) gevaar het nie."

Die Blitse het in Toulouse nie eens die kwarteind gehaal nie - iets wat hulle vir die eerste keer in 13 jaar nie vermag het nie.

In Engeland wou hy net help dat die span verbeter.

"Ná die laaste paar vertonings glo ek ons sal ons spelpeil kan lig. Vir my is dit net lekker om weer te kan speel. Ek wil nie selfsugtig klink nie, maar ek sou dink ek het 'n anderste energie gebring wat die ouens se gemoed gelig het (sedert die Toulouse-skok).

"My fokus vir nou is slegs op die eerste toernooi (die Statebondspele) voordat ek enigsins gaan dink om te druk vir daai Wêreldbeker. Dit is egter in my agterkop dat ons twee groot toernooie het waarvoor ons voorberei. "Maar ek kyk nou net na wat is volgende, die res van die dinge sal vir hulself sorg."

Die verrassings in die Blitsbokke se Statebondspele-groep sluit in die Stormers-trio, Manie Libbok, Seabelo Senatla en Ruhan Nel, met die Leeus se Jordan Hendrikse en die Bul-blits Kurt-Lee Arendse wat ook by die planne betrek word.

  • Voorlopige groepe:
  • Sewesrugby:
  • Mans: Sako Makata, Impi Visser, Zain Davids, Angelo Davids, JC Pretorius, Selvyn Davids, Ronald Brown, Jordan Hendrikse, Dewald Human, Siviwe Soyizwapi, Muller du Plessis, Mfundo Ndhlovu, Kurt-Lee Arendse, Christie Grobbelaar, Ruhan Nel, Seabelo Senatla, Manie Libbok.
  • Vroue: Donelle Snyders, Alichia Arries, Felicia Jacobs, Bianca Augustyn, Luleka Tyibilika, Snenhlanhla Shozi, Mathrin Simmers, Asisipho Plaatjies, Anacadia Minnaar, Unathi Mali, Liske Lategan, Kemisetso Baloyi, Kyla de Vries, Nontuthuko Shongwe, Faith Gosling, Zandile Masuku, Thandiswa Nxomani.
  • Strandvlugbal:
  • Mans: Leo Williams, Grant Goldschmidt.
  • Boks:
  • Mans: Amzolele Dyeyi, Simnikiwe Bongco.
  • Vroue: Phiwokuhle Sibusisiwe
  • Afrigters: Nkosinathi Hlatshwayo, Moneen Brits.
  • T20-krieket:
  • Vroue: Anneke Bosch, Tazmin Brits, Trisha Chetty, Nadine de Klerk, Lara Goodall, Sinalo Jafta, Marizanne Kapp, Ayabonga Khaka, Masabata Maria Klaas, Lizelle Lee, Suné Luus, Nonkululeko Mlaba, Tumi Sekhukhune, Shabnim Ismail, Chloe Tryon, Mignon du Preez, Dané van Niekerk, Laura Wolvaardt, Andrie Steyn, Raisibe Ntozakhe, Delmari Tucker.
  • Fietsry:
  • Mans: Reinardt Janse van Rensburg, Daryl Impey, Gustav Basson, Nicholas Dlamini, Morné van Niekerk, Alan Hatherly.
  • Vroue: Ashleigh Moolman-Pasio, Hayley Preen, Francis Janse van Rensburg, Mariske Strauss, Candice Lill.
  • Gimnastiek:
  • Vroue: Caitlin Rooskrantz, Naveen Daries, Mammule Rankoe, Shanté Koti, Garcelle Napier.
  • Hokkie:
  • Vroue: Bernadette Coston, Bianca Wood, Edith Molikoe, Erin Christie, Hannah Pearce, Hanrie Louw, Jean-Leigh du Toit, Kristen Paton, Lisa-Marie Deetlefs, Lillian du Plessis, Maboloke Serage, Marizen Marais, Onthatile Zulu, Phumelela Mbande, Quanita Bobbs, Robyn Johnson, Shirndre-Lee Simmons, Tarryn Lombard.
  • Judo:
  • Vroue: Michaela Whitebooi, Charné Griesel, Donné Breytenbach.
  • Mans: Thomas Breytenbach
  • Afrigter: Nikola Filipov
  • Rolbal:
  • Mans: Petrus Breitenbach, Jason Evans, Prince Neluonde, Wayne Rittmuller, Bradley Robinson.
  • Vroue: Bridget Calitz, Esme Kruger, Elinah Muvhango, Colleen Piketh, Johanna Snyman, Jessica Henderson.
  • Beamptes: Susanna Nel, Neil Burkett.
  • Netbal:
  • Khanyisa Chawane, Izette Griesel, Boitumelo Mahloko, Phumza Maweni, Tshinakaho Mdau, Bongiwe Msomi, Lenize Potgieter, Lefebre Rademan, Monique Reyneke, Nicola Smith, Nichole Taljaard, Elmeré van der Berg, Shadine van der Merwe, Ine-Marí Venter, Zanele Vimbela.
  • Beamptes: Dorette Badenhorst, Dumisani Chauke, Nicole Cusack, Nisha Rupnarain.
  • Para-rolbal:
  • Vroue: Victoria van der Merwe, Tracy Smith, Desiree Levin, Johanna van Rooyen.
  • Mans: Deon van der Vyver, Harmanus Scholtz, Willem Viljoen, Thomas Smith.
  • Afrigter: Geoffrey Newcombe
  • Para-atletiek:
  • Mans: Jaco Smit, Jonathan Ntutu, Charl du Toit, Ernst van Dyk.
  • Vroue: Mandilene Hoffmann, Yané van der Merwe, Sheryl James.
  • Afrigters: Jason Sewanyana, Daniel Damon.
  • Bestuurder: Cornelia Swanepoel
  • Swem:
  • Mans: Chad le Clos, Matthew Sates, Michael Houlie, Pieter Coetzé, Danté Nortjé, Andrew Ross, Guy Brooks, Brenden Crawford.
  • Vroue: Emma Chelius, Kaylene Corbett, Tatjana Schoenmaker, Lara van Niekerk, Aimee Canny, Rebecca Meder, Erin Gallagher, Dune Coetzee, Olivia Nel, Michaela Pulford.
  • Para-swem:
  • Mans: Christian Sadie
  • Vroue: Cornelle Leach, Alani Ferreira.
  • Afrigters: Rocco Meiring, Wayne Riddin, Eugene Da Ponte, Theo Verster.
  • Bestuurder: Julie Cassim
  • Tafeltennis:
  • Mans: Theo Cogill, Shaun Jones, Cheetan Nathoo, Kirshwin Steyn.
  • Vroue: Danisha Patel, Musfiquh Kalam, Lailaa Edwards, Zodwa Maphanga.
  • Afrigter: Omar Zain Eddin
  • Driekamp:
  • Mans: Henri Schoeman, Jamie Riddle, Nicholas Quenet.
  • Vroue: Simoné Ackermann, Shanae Williams, Hannah Newman.
  • Para-driekamp:
  • Mans: David Jones, Gavin Kilpatrick, Casper Moodie (gids), Rohan Kennedy (gids).
  • Vroue: Linsay Engelbrecht, Trish Heimann (gids).
  • Afrigters: Riana Robertson, Lindsay Parry, Vukile Makeleni.
  • Gewigoptel:
  • Mans: Jon-Antohein Phillips, Ruben Burger, Nathan Eli Morris.
  • Vroue: Anneke Spies
  • Afrigter: Lyle du Plooy
  • Rolstoel-basketbal:
  • Mans: Allen Mtatase, Cecil Dumond, Ayabonga Jim, Simanga Mbhele.
  • Vroue: Aviwe Ngoni, Samkelisiwe Mbatha, Michelle Moganedi, Kelebogile Moeng.
  • Afrigters: Ntombizile Mthombeni, Gerhard Smith.
Leighton Koopman

SPELETJIES VANDAG

CTA