Statebondspele

Suid-Afrika pak Uganda wéér

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jamaika se netbalspan vier Donderdag fees nadat hy Australië geklop en só boaan Groep A geëindig het.  Foto: Getty Images
Jamaika se netbalspan vier Donderdag fees nadat hy Australië geklop en só boaan Groep A geëindig het. Foto: Getty Images

Jamaika se netbalspan het Donderdag vir die eerste verrassing op die Statebondspele gesorg deur Australië, die wêreld se voorste span, naelskraap met 57-55 te klop.

Die Jamaikane het só die eerste plek in Groep A oorgeneem met tien punte teenoor die agt van die Aussies.

Suid-Afrika en Uganda sal Vrydag - soos in 2018 in die Goudkus - sake om die vyfde plek uitspook.

Die Ugandese het Donderdag derde in Groep B geëindig nadat hulle Malawi se Queens met 56-43 geklop het.

Die Proteas het derde in Groep A geëindig.

Suid-Afrika was in 2018 met 53-42 aan die wenkant om vyfde in die toernooi te eindig.

Wallis het Barbados Donderdag met 60-44 geklop en Noord-Ierland was met 41-32 te sterk vir Trinidad&Tobago.

Sake boaan Groep B sou laat Donderdagaand bepaal word in die kragmeting tussen Engeland en Nieu-Seeland.

Die halfeindronde word Saterdag beslis en die eindstryd Sondagaand.

• TV: Vrydag 18:00 (SS 209).

CTA