Vroue-krieketspan se treurmare duur voort

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mignon du Preez en Laura Wolfaardt hardloop Saterdag in die Suid-Afrikaanse vroue-krieketspan se verloorstryd teen Nieu-Seeland by die Statebondspele in Birmingham, Engeland, vir ’n paaltjie.Foto: Gallo Images
Mignon du Preez en Laura Wolfaardt hardloop Saterdag in die Suid-Afrikaanse vroue-krieketspan se verloorstryd teen Nieu-Seeland by die Statebondspele in Birmingham, Engeland, vir ’n paaltjie.Foto: Gallo Images

Die treurmare van die Suid-Afrikaanse vroue-krieketspan op sy pas afgelope toer in Engeland, het Saterdag op Edgbaston in Birmingham nog 'n hoofstuk bygekry.

Suid-Afrika is, nadat hy met 3-0 in die eendag- en T20-reekse deur Engeland geklop is, in sy openingswedstryd by die Statebondspele met 13 lopies deur Nieu-Seeland geklop.

Suid-Afrika is nou met die rug teen die muur om vir die halfeindronde te kwalifiseer.

Nadat die Kiwi's danksy Suzie Bates se 91* (64 b, 8x4, 3x6) en Sophie Devine (48) by 162/7 uitgekom het, was Suid-Afrika met die rug teen die muur.

Die Nieu-Seelandse aanvangspaar het 99 lopies om die eerste paaltjie bygedra. Dit het 49 lopies in die kragspel ingesluit.

Suid-Afrika se kolfbeurt het rampspoedig begin toe Anneke Bosch (3) en Tazmin Brits (6) hul paaltjies vroeg verloor het en Suid-Afrika was op 15/2 ná vier boulbeurte in die sop.

'n Verwoestende Chloe Tryon (39 van 17 balle, 3x4, 3x6), Suné Luus (32, 18 b, 5x4), Laura Wolfaardt (28) en Mignon du Preez (26) het geveg, maar die lopietempo was te groot.

Devine het haar anker-kolfbeurt met haar 100ste T20-paaltjie (3/37) opgevolg.

Sy is die eerste vroue-speler en tweede speler ná Bangledesj se Shakib al Hasan wat met 100 paaltjies en 2 000 lopies in T20-krieket spog.

Luus, die Suid-Afrikaners se kaptein, het ná die wedstryd gesê foute met die veldwerk het die span duur te staan gekom, maar teen 'n span soos die Kiwi's moet jy kanse waag.

Die boulwerk was aanvanklik goed, maar het daarna verslap en weer herstel.

Wat die kolfwerk betref, sê Luus, haar span het te stadig begin.

"Ons het 'n paar rowwe weke hier in Engeland agter die rug, maar ons veg voort."

Verkorte telkaart: Nieu-Seeland 167/2 in 20 boulbeurte: (Suzie Bates 91*, Sophie Devine 48; Nonkuleko Mlaba 1/33). Suid-Afrika 154/7 in 20 boulbeurte: Chloe Tryon 39, Sune Luus 32, Laura Wolfaardt 28, Mignon du Preez 26 Devine 3/37. - cricinfo.com, Sportredaksie.

SPELETJIES VANDAG

CTA