Wb Krieket

Proteas: Oud-senter nuwe keurderbaas?

Die moontlikheid bestaan dat die keurderbaas van die nasionale krieketspanne die derde agtereenvolgende keer van KwaZulu-Natal afkomstig kan wees.

Twee van die huidige keurders, Errol Stewart en Hussein Manack, blyk voorlopers te wees, maar daar kan dalk ook iemand van buite die keurkomitee oorweeg word om die mantel van Linda Zondi oor te neem.

Stewart (49) het net soos Zondi ook paaltjiewagter vir die KwaZulu-Natallers gespeel.

Dié voormalige Protea-speler was ook president van die Suid-Afrikaanse Spelersvereniging en het senter vir Haaie se rugbyspan gespeel.

Zondi se termyn as keurderbaas verstryk ná die Wêreldbeker-toernooi in Engeland. Hy het die leisels in 2015, ná die vorige WB-toernooi in Australasië, by Andrew Hudson geneem.

Hudson, 'n voormalige aanvangskolwer van Natal en die Proteas, is in 2010 aangestel en het 'n verlengde termyn as die sameroeper van die nasionale keurders gehad.

Zondi is intussen ook bereid om aan te bly.

Die nuwe termyn vir die sameroeper, 'n heeltydse pos, is nou vir vier jaar tot en met die volgende Wêreldbeker-toernooi.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM