Kommentaar

Kommentaar: Premier is reg oor Kersbaba, maar wat van die res?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Volgens die departement van gesondheid het 2 716 meisies tussen die ouderdom van 10 en 14 jaar van April 2023 tot Maart 2024 swanger geraak.
Volgens die departement van gesondheid het 2 716 meisies tussen die ouderdom van 10 en 14 jaar van April 2023 tot Maart 2024 swanger geraak.

Die nuus dat 'n 13-jarige meisie die lewe geskenk het aan 'n babaseuntjie in die Seshego-hospitaal in Limpopo sou dalk op enige ander tyd van die jaar ongemerk verbygegaan het.

Maar die kind is op Kersdag gebore, wat dadelik die aandag getrek het.

Dr. Phophi Ramathuba, premier van Limpopo, het die polisie opdrag gegee om die meisie se vermeende verkragter op te spoor, waarna 'n 28-jarige man in hegtenis geneem is weens statutêre verkragting. Hy het reeds in die hof verskyn en die saak duur voort.

Die meisie was een van 90 gerapporteerde gevalle van tieners wat op Kersdag geboorte geskenk het.

Die premier moet geloof word dat sy aangedring het daarop dat die betrokke saak ondersoek word.

Volgens die departement van gesondheid het 2 716 meisies tussen die ouderdom van 10 en 14 jaar van April 2023 tot Maart 2024 swanger geraak. In dieselfde tydperk het 119 586 meisies tussen 15 en 19 jaar geboorte gegee.

Maar wat van al die ander tienerswangerskappe waarvan daar in die res van die jaar nouliks kennis geneem word omdat dit oorskadu word deur ander nuusgebeure? Volgens die departement van gesondheid het 2 716 meisies tussen die ouderdom van 10 en 14 jaar van April 2023 tot Maart 2024 swanger geraak. In dieselfde tydperk het 119 586 meisies tussen 15 en 19 jaar geboorte gegee.

Tienerswangerskappe is 'n komplekse probleem.

Soms is dit regtig net twee jong kinders wat hulself weens omstandighede in so 'n situasie bevind - hopelik met 'n ondersteuningstelsel.

Maar in ander gevalle is dit die resultaat van 'n misdaad. En dan is daar ook ouers wat willens en wetens wegkyk wanneer hul jong dogters deur veel ouer mans swanger gemaak word. Weens armoede en kulturele gebruike word daar selfs "skadevergoeding" aan die ouers betaal, waarna die man bloot op 'n volgende kind fokus.

Verkragting is 'n misdaad en een waarteen meisies beskerm moet word - nie net tydens die 16 dae van aktivisme van geweld teen vroue en kinders of op Kersdag nie.

Verkragting is 'n misdaad en een waarteen meisies beskerm moet word - nie net tydens die 16 dae van aktivisme van geweld teen vroue en kinders of op Kersdag nie.

Kinders wat kinders in die lewe bring, spring weg met 'n agterstand wat selde ingehaal word.

Behalwe die emosionele en fisieke eise wat dit stel, kry sulke jong ma's selde verdere onderrig om hul volle potensiaal te ontsluit. Die resultaat is 'n spiraal van armoede, werkloosheid en verdere maatskaplike probleme.

Ons kinders verdien meer.

En hulle verdien eerstens om beskerm te word.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM