Lesers sê

BRIEF | Diens is swakker as dekodeerder

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Gefrustreerde kyker, Strand, skryf:

Ons huishouding sit al sedert begin van die jaar met ’n verouderde dekodeerder (lesers weet seker van wie) wat eintlik “gebreek” is. Dit maak dat die beeld opbreek. Ons het ook ’n boodskap op die TV gekry dat dit verswak het.

Ons was op 10 Januarie by die verskaffer se kantoor in Somerset-Wes, waar ons meegedeel is dat ons die dekodeerder kan ruil vir ’n nuwe een, maar dat hulle nie nou voorraad het nie. Twee weke later was daar steeds geen nuwe voorraad nie. Hulle sê hulle kan niks daaraan doen nie.

Pogings om die inbelsentrum te kontak, is begroet met ’n lys van moontlike vrae en onderwerpe wat meer handel oor wat jy moet betaal, ensovoorts. Ons is nou al siek en sat vir hierdie onbevoegde diens. Die feit dat die verskaffer die monopolie het, veroorsaak dat dit lyk of hulle nie omgee of mense betaal sonder om die diens ten volle te benut nie. Die kantoor erken dat daar ook ander kliënte is wat wag vir nuwe dekodeerders.

Wat kan ’n mens aan hierdie situasie doen?

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.

lesersbrief

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM