Jannes, Weskus
Ek meen net vir Julius Malema se laakbare opmerking dat die landdros in sy saak ’n “rassis” is, behoort die verlof tot appèl teen sy vonnis teruggetrek te word.
Malema laat my dink aan ’n kind wat gehok word en dan sy ouers daarvan beskuldig dat hulle hom haat. Raak tog net groot.
Laat hoor van jou:Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.

















