Lesers sê

BRIEF | Hoe gaan Dirco dié vloed navigeer?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mark Carney
World Economic Forum Annual Meeting Mark Carney (Anadolu/Foto: Getty Images)

Dr. Stuart Gardiner, Stellenbosch, skryf:

Mark Carney, die Kanadese premier, het in ’n veelbesproke toespraak by Davos op 20 Januarie verklaar dat ’n skeuring in die wêreldorde plaasgevind het – wat ongetwyfeld wel so is. Carney het bygevoeg dat die nuwe realiteit is dat geopolitiek tussen die groot moondhede sonder betekenisvolle beperkings bedryf word. Die vraag is egter tot welke mate hierdie gevolgtrekking geldig is. 

Sy siening lyk wel geregverdig wanneer die internasionale optrede van Amerika sedert die aanvang van die tweede Trump-administrasie oorweeg word, en so ook Rusland se inval van Oekraïne in 2022. Maar wat van China?

Pres. Xi Jinping het amptelik verklaar dat die kernbeginsel van ’n nuwe wêreldorde die soewereine gelykheid van state behoort te wees. Groot lande behoort kleiner lande as gelykes te behandel, eerder as om hegemonies op te tree ten einde hul wil op ander te wil afdwing. 

Xi ondersteun die instellings van die volkereg, en veral die Verenigde Nasies en die Wêreldhandelsorganisasie. Volgens Xi is wat verlang word hervorming, nie vernietiging nie. China-skeptici mag hierdie uitsprake as propaganda afmaak, maar Xi het die beginsels waarna verwys word as amptelike Chinese beleid aangekondig. 

Dit is duidelik dat China ’n multilaterale wêreldorde van soewereine state verkies bo ’n driepool-wêreldorde van grootmoondheid-invloedsfere wat deur die huidige Trump-administrasie voorgestel word. Die wêreldorde is in vloed, wat verg dat ons departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) dienooreenkomstig sal moet navigeer. 

Die RNE is gebonde aan ’n multilaterale wêreldorde, wat ’n gesonde beleid daarstel om op te bou. Dit is duidelik uit sy toespraak dat Carney ook ’n multilaterale wêreldorde voorstaan waarin middelgrootte en kleiner state, wat Suid-Afrika insluit, ’n aansienlike rol onderling sal speel.

Laat hoor van jou:Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM