G. de Klerk, Durbanville, skryf:
Ek verwys na 03.01 se artikel van Karla van der Merwe oor perlemoenstropers wat ongehinderd plunder.
Mense in die Overberg-omgewing is dié tyd van die jaar erg gefrustreerd. Jaar ná jaar word berig oor perlemoenstropery en soos in die artikel genoem, daar het dadels van gekom. My skrywe het egter niks te doen met die feit of dit ’n misdaad is of hoeveel mense in hegtenis geneem is of hoeveel perlemoen in padblokkades gekonfiskeer is nie. Geen vingers word gewys nie. Ons wil net hê die owerhede moet kennis neem dat dit nié die gewone man is wat plunder nie. Vergun ons om wéér twee of drie maat-perlemoene op laagwater uit te haal.
Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.
















