BRIEF | Wetstoepassing is groot probleem

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Hennie Nel skryf: Elke minister van vervoer die laaste 30 jaar wil telkens een aspek uitlig as die groot rede vir padsterftes. Vir hoe lank moes ons hoor “Speed kills”; nou is drank die teiken. Ek reis baie en die grootste probleem is die gebrek aan wetstoepassing. Die straffelose breek van padreëls lei tot roekelose bestuur. Dit sluit sommer spoed en drank en al die ander probleme in. As die verkeersmense net agter die bosse wil uitklim, minder statiese padblokkades hou en eerder op die pad gaan ry en kyk wat motoriste aanvang, sal dit al beter gaan.

Trek hulle af en beboet hulle daar en dan. Of oorweeg ’n stelsel waar motoriste met voertuigkameras hul beeldmateriaal kan instuur sodat onverskillige motoriste vervolg kan word.

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.

SPELETJIES VANDAG

CTA