Departement wil beleid oor selfone en sosiale media by skole hersien:
Doen dit! Kinders het nie selfone in skooltyd nodig nie. – Elsabe Terblanche
Asseblief, verbied selfone en sosiale media by skole. Dit verwoes ons kinders. – Jean-Mari Kellerman van Vuuren
Amen. Sommer die damprook ook. – Norman Ontong
Australië het nou nuwe wetgewing ingebring wat sê geen TikTok, Facebook, Instagram of Twitter vir kinders jonger as 16 nie. Briljant, dink ek. – Tilly Bothma
Van ons skole laat reeds geen selfone toe nie. Dit word ingeneem. Dit was interessant om te sien toe ek ’n skool besoek het, hoe ’nʼn leerling in die voorportaal kom vra het om die telefoon te gebruik om sy ma te kontak. Dis wonderlik. – Anru Swanepoel
Vandag se kinders laat nie vir hulle voorsê deur hul ouers of onderwysers nie, want hulle het mos regte. Die staat moet maar koebaai sê vir die beleid, want dit sal groot wrywing veroorsaak. – Sonia Klaasen
My kind het glad nie ’n foon in die week en eksamentye nie, net Vrydag tot Sondag. En dit werk vir ons. – Michelle Vaughan




















