Al 69 klagtes vanjaar oor boelies in Wes-Kaapse skole ontvang:
Want daar is geen dissipline meer nie en kinders maak en breek deesdae soos hul wil. En ouers glo al die snert wat kinders aan hulle opdis. – Daniel Marius Burger
Die kinders het nou se dae geen maniere of respek vir enigiemand nie. Bring lyfstraf terug, miskien help dit. – Marina Swanepoel
Dis oral, en die slegste is meeste skole doen niks omtrent dit nie. – Heidi Ferreira
Kinders wat boelie, moet vasgevat word. Ouers moet ook ingeroep word en moet gevolge dra. Alles begin by die huis. Ouers moet ook plan maak met hul boeliekinders. – Martie van Jaarsveld
Kla die kinders aan. Dade het gevolge. Jou kind is niemand se slaansak nie. – Wilna Horstmanshof
Gaan soek die probleme by hul ouerhuise. – John Stevens
Daar is ook leerlinge wat onderwysers boelie, en ook onderwysers wat leerlinge boelie. – Aliz Rellüm
Boelies is nie ’n nuwe ding nie, dit gaan al jare so. Dit was net nooit bekend gemaak nie. – Yvonne Botha




















