Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
Vanaand gaan die Bulle van die DHL-stadion in Kaapstad se vloer af eet! – Kosie
Kritiek op Siya Kolisi verwys. Dit is wonderlik hoe sommige mense sekere spelers meer veroordeel as ander. Sommige spelers mag maar oud wees of swak speel of geel- of rooikaarte kry, daar sal altyd ’n verskoning wees. Ander moet ná net een fout onmiddellik die trekpas kry. Sny julle onderrokke se pante af wat so uithang. Kom ons kyk of die Sharks beter sonder Kolisi sal wees. Oppas, JP Pietersen (Sharks-afrigter), jy’s volgende te blameer. – David, Worcester
Ek is baie dankbaar om in die Kaapstad-metro te woon. In Blouberg Sands het ons waterdruk skielik afgeneem as gevolg van ’n gebarste waterpyp. Die saak is binne 24 uur aangespreek en herstel. Dankie aan die uiters bekwame leierskap van die metro dat julle daad by die woord voeg met julle mandaat. Dankie aan al die werknemers wat die harde werk op grondvlak getrou doen, ook in die feesseisoen. Ek glo dat die ander metro’s en rade baie het om te leer by Kaapstad. Welgedaan! – Hansie Cronje
Pres. Donald Trump is bekommerd dat hy nie ’n goeie nalatenskap sal hê nie. Hy mors op as hy praat en hou nie beloftes nie. Dit is waarom hy self sy naam aan geboue en projekte toeken. Dit kom voor asof hy selfs skimp (mense omkoop?) vir “vredestoekennings”, soos van Israel. – Tommy

















