Lesers sê

Kerk nie klub vir uitskop

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ek sien "dmz" (skuilnaam by brief 11.04) pleit om die uitskop van beswaardes uit die kerk.

Hy verstaan nie mooi oor "kerk" nie. Die kerk is nie 'n organisasie of klub waar mense "uitgeskop" word om op hul eie "mishope te kraai" nie.

Metafore in die Nuwe Testament om "die kerk" mee te beskryf, is lewende organismes: God se wingerd (Matt. 20:1-16), God se volk (1 Petrus 2:5-10) en die liggaam van Christus (Efesiërs 4:15-16). Ook uitverkorenes, uitgeroepenes, geliefdes, gelowiges, Bruid van Christus. Lewende organismes word getroetel, gekoester en versorg.

Henriëtta Klaasing, Randfontein­

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM