Lesers sê

Pollard moet onrustig begin slaap

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Anton du Toit, Gqeberha, skryf:

Die hele land is eufories oor Sacha­ Feinberg-Mngomezulu se vertoning Saterdag. Ek ook. Hy het gewys hy verdien sy plek in die span ten volle en ook dat harde werk en toewyding werklik vrugte afwerp. Sy spel het op elke vlak uitgestaan – van sy visie en balverspreiding tot sy taktiese bewustheid en perfekte uitvoering. Wat my ook beïndruk het, was sy vermoë om sy spel aan te pas en om die spel te beheer – iets wat selde in ’n jong speler gevind word. Hy het nie net gewys dat hy ’n uitstekende speler is nie, maar het ook ’n inspirasie geword vir opkomende jong spelers oor die land heen.

Hy het die grondslag gelê om ’n kernfiguur in ons rugby te word. Mag hy voortgaan om die hele land trots te maak.

anton du toit, gqeberha

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM