Reis

Aksie in Onder-Sabie: Jong leeuwyfie waag dit teen ’n groot buffel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Karin van Zyl van Brits skryf Ons was op pad na Onder-Sabie in die Krugerwildtuin vir middagete en het 'n trop leeus luilekker in die koelte langs die H4-1-pad sien lê.

'n Trop buffels het in die omtrek gewei. Een van die buffels het oor die pad gestap en 'n jong leeuwyfie het hom probeer aanvat.

Vir 'n paar adrenalienbelaaide oomblikke het die buffel en leeu na mekaar gestaar,maar albei het later die aftog geblaas.

Gesels met ons!

Skryf aan redakteur@weg.co.za.Jy ken die storie... verkieslik minder as 300 woorde, en gee asseblief jou voornaam,van én tuisdorp. As jy 'n foto aanheg, maak asseblief seker dis groter as 2MB. Weg behou hom diereg voor om briewe te redigeer en verkort en op ons webruimte te plaas.

CTA