My waarneming is dat geen Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter die afgelope twee tot drie jaar die fluitjie in internasionale wedstryde geblaas het nie.
As dit so is, weet iemand dalk waarom? Ek is van mening ons skeidsregters is net so goed soos ons Springbok-span of ander internasionale skeidsregters.
In die dae toe die Springbokke nie so goed gevaar het nie, is André Watson gereeld as skeidsregter in internasionale wedstryde gebruik.




















