Die Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Damprooktoestelle (05.07) is weer eens 'n poging om die publiek om die bos te lei.
Hierdie selfde streek is tydens die Covid-pandemie gevolg en toegepas. Die gevolg was die toename in smokkelaars wat op alle vlakke in die samelewing deelgeneem het.
Die beoogde wysiging waar alle handelsmerke van sigaretverpakking verwyder moet word, het ten doel om die smokkelaars onsigbaar te maak en hulle dus vrylik te laat handel dryf.
Die land word deur politieke leiers soos 'n eie besigheid bedryf en kom neer op 'n polisiestaat. Almal in die land gaan nou deelneem aan smokkel, want die staat moedig dit aan.




















