Dibi Breytenbach se jongste boek, Heks, het pas by Queillerie verskyn.

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?
Miskien die feit dat boekskryf my inherente,allerverskriklike ongeduld tot hanteerbare vlakke gedwing het.
Wat is jou idee van perfekte geluk?
Wanneer dinge werk - of dit nou die broodrooster in diekombuis, die politiek of die ekonomie is.
Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?
Propvol verwagtinglose blymoedigheid.
Wat is jou gunstelingberoep?
Tydreisiger of konsertpianis.
Wat is jou kosbaarste besitting?
Ek heg min waarde aan aardse goed.
Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?
Die klavier - enige klavier.
Wat is jou gunstelingreis?
Reise na ou plekke met stories. Rome, Londen, Bath,Amsterdam, die Richtersveld, Dorsland en Caprivi, die platteland vanKwaZulu-Natal. Die Bo-Kaap en die Weskus.
Wat is jou sterkste karaktereienskap?
Ook my swakste eienskap: Ek is vrekken nuuskierig. 'n Regteagie.
Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?
Daar is miljoene klein momente wat nie aardskuddend lyk nie,maar waarvan ek onthou dat ek op daardie oomblik, op daardie plek, saam metdaardie mens werklik gelukkig was.
Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?
Toustaan en 'n geraas.
Wat is jou grootste vrees?
Om Ina Rousseau aan te haal: dat ek nie my lewe betyds klaargelewe gaan kry nie. Dat die mense vir wie ek lief is, iets moet oorkom.
Wat is jou grootste uitspattigheid?
Ek het 'n epikuristiese ingesteldheid. Sinlike dinge. Boeke.Kuns. Wyn.
Watter lewende mens verag jy die meeste?
Politici van enige aard.
Waaroor is jy die meeste spyt?
Dat my LMI nie in proporsie met my lengte is nie en dat eksommemaak nooit onder die knie gekry het nie.
Watter talent sou jy graag wou hê?
As 'n mens in 'n talentwinkel in die hemel kon kies, sou ditskilder of teken wees. My perde lyk soos honde en my stokmannetjies onsedelik.Op pad uit sou ek die vermoë steel om viool te speel en 'n sangstem wat mensesal laat stilstaan om te luister.
Waar sal jy die graagste wil woon?
Iewers in 'n woud in 'n hobbit-huis.
Wat beskou jy as die grootste ellende?
Goed wat nie werk nie. Verhoudings, die munisipaliteit,diëte, wanneer dinge gatkant eerste gedoen word.
Van watter eienskap in 'n man hou jy die meeste?
'n Man wat gemaklik in sy vel is. Wat niks het om te bewysnie. Wat net ís. Ongekompliseerdheid.
Van watter eienskap in 'n vrou hou jy die meeste?
'n Vrou wat gemaklik in haar vel is. Wat niks het om tebewys nie. Wat net ís. Ongekompliseerdheid.
Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?
Ek is patologies ongeduldig. Dit laat my verskriklik swetsen somtyds in groot moeilikheid beland.
Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?
Mense wat nie met hulleself vrede het nie. Dit geeaanleiding tot soveel verwikkeldhede en misverstande.
Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?
Die feit dat hulle mý bevriend!
Wie is jou grootste (fiktiewe) held?
Asterix en Jack Reacher.
Wie is jou gunstelingskrywer(s)?
Gewoonlik die een wat ek op die oomblik lees! Ek lees partyeen keer 'n jaar: Dan Sleigh, Toergenjef, Dostojefski, Victor Hugo, Tolkien.Alexandre Dumas. Die Grieke.
Met watter geskiedkundige held identifiseer jy jou diemaklikste?
Arminius, wat die Romeine in die Slag by die Teutoburgwoudlaat les opsê het. Hypatia, wat die vorm gebreek het vir verwagtings van vroue.Alarik, leier van die Wes-Gote, Willem die Maarskalk, Eleonore van Aquitanië?.?.?.Enek trek nou eers by 10de eeu!
Wie is jou helde in die ware lewe?
Mense wat lewe dat dit vrek.
Watter lewendigeemens bewonder jy die meeste?
Tans die Oekraïense burgerlikes wat soldate moet wees ensoos duiwels baklei om huis en haard teen 'n oormag te beskerm. Nie diepolitici nie.
Wat dink jy is die mees oorskatte deug?
Enige deug wat té te word. Holier than thou is 'nreusepyn in die onnoembare.
Wanneer vertel jy leuens?
Ek wil graag jok, maar 'n mens kan op my gesig sien as ekkluitjies bak.
Watter woord of frase gebruik jy te veel?
O, donner?.?.?.
As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?
My lengte.
Wat is jou gunstelingname?
André. Euan. Iancke. Suné. Jaden. Daisy.
Hoe sal jy graag wil sterf?
Daar is 'n meem wat sê: "I want to arrive at my death late,in love and a little drunk." Só.
As jy ná jou afsterwe kon terugkom as 'n mens of 'n ding,wat dink jy sal dit wees?
Ek is 'n regsgeleerde. Op die karmiese wiel laat dit jou in'n laer lewensvorm reïnkarneer. Derhalwe vermoedelik iets korts, soos 'npikkewyn.
Wat is jou motto?
Die lewe is te belangrik om ernstig op te neem.














