Dirk Stoltz is 'n akteur wat veral bekend is vir sy rol as Dewet Basson in 7de Laan. Hy is deesdae te sien in die rol van Manny Goosen in Skemergrond, kykNET se splinternuwe telenovelle. Dit word Maandae tot Donderdae om 19:30 uitgesaai.

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?
Om pa te word.
Wat is jou idee van perfekte geluk?
Om jouself te aanvaar met foute en al.
Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?
Ek is tevrede.
Wat is jou gunstelingberoep?
'n Vlieënier.
Wat is jou kosbaarste besitting?
My motor en bergfietse.
Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?
My gesin.
Wat is jou gunstelingreis?
Ek is nie groot op reis nie, maar eerder die bestemming.
Wat is jou sterkste karaktereienskap?
Lojaliteit
Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?
Wanneer ek wakker word.
Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?
Wanneer die Bokke verloor!
Wat is jou grootste vrees?
Skuld
Wat is jou grootste uitspattigheid?
Uiteet
Watter lewende mens verag jy die meeste?
Politikus
Waaroor is jy die spytste?
Niks nie?.?.?.
Watter talent sou jy graag wou hê?
Om 'n beter akteur te wees.
Waar sal jy die graagste wil bly?
Waar ek nou bly, in die Kaap.
Wat beskou jy as die grootste ellende?
Politieke leierskap.
Van watter eienskap in 'n man hou jy die meeste?
'n Sin vir humor.
Van watter eienskap in 'n vrou hou jy die meeste?
'n Sin vir humor.
Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?
Vertroue in mense.
Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?
Entitlement.
Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?
Dat hulle bestaan.
Wie is jou grootste (fiktiewe) held?
Superman!
Wie is jou gunstelingskrywer(s)?
Stephen King.
Met watter geskiedkundige held identifiseer jy die maklikste?
Ek doen nie?.?.?.
Wie is jou helde in die ware lewe?
Mense wat 'n positiewe verskil maak.
Watter lewende mens bewonder jy die meeste?
My vrou is nogal een?.?.?.
Wat dink jy is die mees oorskatte deug?
Politieke korrektheid.
Wanneer vertel jy leuens?
Soms om mense se gevoelens te spaar.
Watter woord of frase gebruik jy te veel?
"Kan julle my meer betaal?"
As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?
Ek sal baie slim wil wees.
Wat is jou gunstelingname?
Rogue
Hoe sal jy graag wil sterf?
Nee man, watter vraag is dit!
As jy ná jou dood kon terugkom as 'n mens of 'n ding, wat dink jy sal dit wees?
Nee, een keer se lewe was genoeg!
Wat is jou motto?
Lewe?.?.?. voluit!














