Frank Rautenbach is 'n akteur en vertolk die hoofrol in Summertide, Sondae om 18:00 op M-Net.

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?
Dat ek 'n loopbaan kon skep uit dit wat my altyd in die moeilikheid by die skool laat beland het. My entoesiastiese persoonlikheid!
Wat is jou idee van perfekte geluk?
Bottomless gelato.
Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?
Rustig
Wat is jou gunstelingberoep?
Enigiets in die vermaaklikheidsbedryf.
Wat is jou kosbaarste besitting?
Daar is drie: Surfboard/wetsuit, kitaar en gholfstokke.
Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?
God, my vrou, my katkinders.
Wat is jou gunstelingreis?
Plekke waar daar lekker kos is.
Wat is jou sterkste karaktereienskap?
Entoesiasme
Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?
Nou
Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?
Mense wat teen 60km/h in die vinnige baan op die N1-snelweg bestuur?.?.?. op hul selfone!
Wat is jou grootste vrees?
God, want Hy maak dat al my ander vrese weggaan.
Wat is jou grootste uitspattigheid?
My Garmin-horlosie.
Watter lewende mens verag jy die meeste?
Al die oumas en oupas wat na kinders omsien en versorg wat nie hul eie is nie.
Waaroor is jy die meeste spyt?
Al die mense wat ek seergemaak het as gevolg van my eie selfsug en naïwiteit.
Watter talent sou jy graag wou hê?
Ek is doodgelukkig met die talente wat vir my gegee is.
Waar sal jy die graagste wil bly?
Waar ons nou is, in die Kaap.
Wat beskou jy as die grootste ellende?
Om nie vir God te ken nie.
Van watter eienskap in 'n man hou jy die meeste?
Goedhartigheid
Van watter eienskap in 'n vrou hou jy die meeste?
Goedhartigheid
Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?
Ongeduld
Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?
Mense wat gemeen is.
Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?
As ons lekker saam lag.
Wie is jou grootste (fiktiewe) held?
As kind was dit Superman.
Wie is jou gunstelingskrywer(s)?
Tim Keller, N.T. Wright, Charlotte Brontë, Jane Austen en nog baie meer.
Met watter geskiedkundige held identifiseer jy die maklikste?
Josef van die Bybel. Hy was baie arrogant en vol van homself, maar hy het sy lesse geleer.
Wie is jou helde in die ware lewe?
Enigiemand wat gewillig is om hulself te benadeel tot voordeel van hul gemeenskap.
Watter lewendige mens bewonder jy die meeste?
Enigiemand wat gewillig is om hulself te benadeel tot voordeel van hul gemeenskap.
Wat dink jy is die mees oorskatte deug?
Ek dink nie daar is so iets nie.
Wanneer vertel jy leuens?
Wanneer ek nee dankie sê as iemand my gelato aanbied.
Watter woord of frase gebruik jy te veel?
Wow!
As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?
Dat ek kan vlieg. Sal pret wees!
Wat is jou gunstelingname?
Franse name klink altyd so romanties.
Hoe sal jy graag wil sterf?
Soos Henog in die Bybel?.?.?. hy is eenvoudig net op gevat?.?.?. no mess, no fuss.
As jy ná jou afsterwe kon terugkom as 'n mens of 'n ding, wat dink jy sal dit wees?
Ons sterf een keer.
Wat is jou motto?
Die Here is my Herder. Niks sal my ontbreek nie.


















