Proust met Frik de Jager

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Frik de Jager is 'n sjef en gereelde gas op RSG. By sy huis in Pretoria bied hy langtafelkuiers aan waar kos en reisverhale vervleg. Sy tweede kookboek, Storiekos: Op reis na resepte, verskyn in September.

Frik de Jager.
Frik de Jager.

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?

'n Bronsmedalje vir my eerste Comrades in 1985.

Wat is jou idee van perfekte geluk?

Kuier met goeie vriende om 'n tafel met lekker kos.

Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?

Ek sit op die oomblik in Molyvos op die eiland Lesbos inGriekeland - so, baie goed!

Wat is jou gunstelingberoep?

'n Olyfboer op 'n Griekse eiland.

Wat is jou kosbaarste besitting?

My paspoort.

Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?

My man, Rory.

Wat is jou gunstelingreis?

Net nie op 'n plesierboot nie.

Wat is jou sterkste karaktereienskap?

Ek luister.

Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?

Sedert ek en Rory getroud is, enige plek saam met hom.

Wat is die een ding waarvan jy die minste­ hou?

Dat ek hardlywig raak op reis.

Wat is jou grootste vrees?

'n Slang in my huis.

Wat is jou grootste uitspattigheid?

My 21 linnehemde.

Watter lewende mens verag jy die meeste?

Ek verag niemand nie, maar daar is 'n paar mense van wieek nie hou nie.

Waaroor is jy die meeste spyt?

Spyt is vir my 'n vermorste emosie.

Watter talent sou jy graag wou hê?

Ek sou moerse graag 'n operasanger of balletdanser wouwees.

Waar sal jy die graagste wil bly?

In Molyvos op die eiland Lesbos in Griekeland.

Wat beskou jy as die grootste ellende?

Oorlog.

Van watter eienskap in 'n man hou jy die meeste?

Ek wil nie 'n onderskeid tussen mans en vroue sekaraktereienskappe maak nie, want ek kyk eerder na mense in geheel. As ek wel'n eienskap moet uitlig, sou ek sê mans wat gemaklik is om te erken hulle het'n "sagter" kant, sonder om hul manlikheid prys te gee.

Van watter eienskap in 'n vrou hou jy die meeste?

'n Vrou wat, sonder om haar vroulikheid te verloor, haarvrou kan staan.

Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?

Sonder om arrogant te klink, ek hou van myself nes ek is- warts andall.

Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?

Ek het regtig 'n issue met mense wat needy is.

Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?

Brutale eerlikheid en lojaliteit.

Wie is jou grootste (fiktiewe) held?

Ek kan nie die woord "held" met 'n fiktiewe karakteridentifiseer nie.

Wie is jou gunstelingskrywer(s)?

Annie Proulx en Lawrence Durrell.

Met watter geskiedkundige held identifiseer jy diemaklikste?

Cleopatra.

Wie is jou helde in die ware lewe?

Mense wat diere red.

Watter lewende mens bewonder jy die meeste?

Dr. Imtiaz Sooliman.

Wat dink jy is die mees oorskatte deug?

Sukses - veral as dit aan geld gekoppel word.

Wanneer vertel jy leuens?

Wanneer ek iemand wat ek respekteer, kan beskerm.

Watter woord of frase gebruik jy te veel?

"Wat is daardie woord nou weer?"

As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?

My dowe linkeroor.

Wat is jou gunstelingname?

Regtig?

Hoe sal jy graag wil sterf?

Soos die karakter Armande Voizin (gespeel deur dame Judi Dench)in die rolprent Chocolat.

As jy ná jou afsterwe­ kon terug­kom as 'n mens of 'n ding, wat dink jy sal dit wees?

'n Dolfyn - ek wil nie terugkom as 'n mens nie.

Wat is jou motto?

Gryp die oomblik.

SPELETJIES VANDAG

CTA