Luan Jacobs is 'n akteur en is te sien in Diepe waters, Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET.

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?
Die Olimpiese Spele van 2012. Ek het die land saam met 22 ander Suid-Afrikaners verteenwoordig by die World Event Young Artists (Weya). Op straat is die gedoente die eerste kulturele Olimpiese Spele gedoop. Dit het plaasgevind tussen die Olimpiese Spele en die Paralimpiese Spele in Londen en ons het lekker getoer.
Wat is jou idee van perfekte geluk?
My ma se glimlag.
Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?
Oorweldigend oorrompel met werk, maar so gelukkig ek kan wawiele doen.
Wat is jou gunstelingberoep?
Akteur, regisseur, skrywer, onderwyser, vervaardiger, seremoniemeester, motiveringspreker. In dié volgorde.
Wat is jou kosbaarste besitting?
My David Griessel-skilderye.
Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?
My mense en my beroep.
Wat is jou gunstelingreis?
Basmati?.?.?.?O, my destydse toer na Kanada.
Wat is jou sterkste karaktereienskap?
Konsekwentheid en uithouvermoë.
Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?
Op 'n vakansieoord-trampolien.
Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?
Rassisme. Al die slegte -ismes eintlik.
Wat is jou grootste vrees?
Die afsterwe van my geliefdes.
Wat is jou grootste uitspattigheid?
Boeke.
Watter lewende mens verag jy die meeste?
Let us not Put(in) words the people that Trump this list. We need not Zoem(a) into this answer too much. I will answer this one Kim Yung Soon. But for now. No comment. Dis maar veiliger so.
Waaroor is jy die meeste spyt?
Die manier waarop ek my ouma en oupa gegroet het voor hul afsterwe. Ek moes my liefde vir hulle sterker kon verklaar, maar het gesukkel deur die pyn. Professioneel, 'n oudisie by The Globe Theatre wat ek van die hand moes wys terwyl ek deur Engeland getoer het met my toneel.
Watter talent sou jy graag wou hê?
Om 'n koeng foe-meester te wees. En om meer as net twee tale te kan praat.
Waar sal jy die graagste wil bly?
Japan. Vir minstens sowat 'n jaar.
Wat beskou jy as die grootste ellende?
'n Pitsweer. Aardbewings. Armoede. Verdeeldheid.
Van watter eienskap in 'n man hou jy die meeste?
'n Goeie sin vir humor.
Van watter eienskap in 'n vrou hou jy die meeste?
'n Goeie sin vir humor.
Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?
Ek dink die feit dat ek betreurenswaardig eers moes gaan opsoek het. Soms is ek maar naïef.
Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?
Ego's wat menswees verrot. Jy kan 'n hoofrol kry, maar moenie 'n hoofdrol wees nie. Die bemanning agter die skerms werk baie langer ure as die meeste akteurs.
Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?
Die oneindige liefde en ondersteuning wat hulle vir my het.
Wie is jou grootste (fiktiewe) held?
Itachi Uchiha. Red XIII. Tanjiro Kamado. Hiccup Horrendous Haddock III. Lady Galadriel. Daar is 'n hele lys. Mense moet hulle maar google.
Wie is jou gunstelingskrywer(s)?
Neil Gaiman, Patrick Ness, Cressida Cowell, Taika Waititi, J.R.R. Tolkien, John Mason en Aaron Sorkin.
Met watter geskiedkundige held identifiseer jy die maklikste?
Nelson Mandela. Ons was close. Lang storie, eintlik. Maar ek het hom geken as oom en hy my op die naam.
Wie is jou helde in die ware lewe?
My ma en my pa.
Watter lewendige mens bewonder jy die meeste?
Taika Waititi.
Wat dink jy is die mees oorskatte deug?
Vetkoek-deeg?.?.?. Ek spot. Die waarde van geld en tyd.
Wanneer vertel jy leuens?
Wanneer kinders skree om hulle rustig te maak.
Watter woord of frase gebruik jy te veel?
"Reciprocated." Wanneer ek my klasse aanbied en die teorie spring uit in Engels verlaat hierdie outjie my te veel.
As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?
Om 'n konstante six-pack te kan handhaaf, selfs wanneer ek sit.
Wat is jou gunstelingname?
Noah, Sepharion, Charlie en Loki.
Hoe sal jy graag wil sterf?
Van ouderdom. In my slaap. Pynloos en volmaak.
As jy ná jou afsterwe kon terugkom as 'n mens of 'n ding, wat dink jy sal dit wees?
'n Draak. Mense sal vra: Bestaan drake regtig? Dan sal ek sê: "Kom ons braai! Ek steek solank die vuur aan."
Wat is jou motto?
Ek het 'n paar: Have grace with your pace. Turn your nervous into service. We will lose everything, but we will never lose heart. In life, don't just go through the motions, go through the emotions. One does not drown because you are in the water, you drown because you stay there.


















