Proust met Neil Sandilands

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Neil Sandilands het onder meer op internasionale verhoë as akteur naam gemaak. Hy maak ook musiek en is die verteller in die Emmy-benoemde kykNET-realiteitsreeks ‘Die Brug'.

Neil Sandilands.
Neil Sandilands.

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?

Om te oorleef tot so slap neffens 50. Ek's tans nog dié kant van die lyn.

Wat is jou idee van perfekte geluk?

Lewendige aanbod van musiek, die band kook en almal speel dat die rook draai.

Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?

Leeu in die lang gras.

Wat is jou gunstelingberoep?

Poetsbakker

Wat is jou kosbaarste besitting?

'n Klip. Matteus 6 vers 33. Dit staan op 'n klip geskryf wat my oupa in sy bedkassie gehou het. Dié klip is nou in my voorhuis.

Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?

Skaaptjoppies

Wat is jou gunstelingreis?

Dié lewe.

Wat is jou sterkste karaktereienskap?

Regverdigheid

Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?

Dit kom nog.

Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?

Venyn, jaloesie. Kombinasie van die twee.

Wat is jou grootste vrees?

Ek het 'n irrasionele vrees vir haaie. Ek weet. Stupid. In fact, daar's nog een, my eie onnoselheid. Ek werk hard daaraan.

Wat is jou grootste uitspattigheid?

Ek was nog nooit uitspattig nie. Impulsief soms, eksentriek maybe.

Watter lewende mens verag jy die meeste?

Ek dink nie ek verag nie. As ek iemand irriterend vind, ten beste, vermy ek maar liefs. Stap elders. Veragting is 'n laerangse tydverdryf.

Waaroor is jy die meeste spyt?

Tydmors. Spyt oor spyt. Rabbit Holes. Haha.

Watter talent sou jy graag wou hê?

Virtuoso op 'n elektriese kitaar. Of saksofoon.

Waar sal jy die graagste wil bly?

In die nou.

Wat beskou jy as die grootste ellende?

Selfverraad.

Van watter eienskap in 'n man hou jy die meeste?

Intelligensie

Van watter eienskap in 'n vrou hou jy die meeste?

Intelligensie

Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?

My romantieke blik. My idealisme. Paradise lost. O jimmil, hier's nie genoeg spasie nie.

Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?

O jimmil, nou's daar beslis nie genoeg spasie nie.

Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?

Die onverwagte rein gebaar. Is dit nie maar die vriendskap in sigself nie? Bloot die vriendskap. Hulle is immers vriende vir 'n rede. Aanklank.

Wie is jou grootste (fiktiewe) held?

Travis Mcgee (John D. MacDonald se fiktiewe held). Hy's so ietsie tussen MacGyver, Tom Hardy, Leonard Cohen, Nick Cave, Tom Waits en Eben Etzebeth.

Wie is jou gunstelingskrywer(s)?

Nietzsche, Dostojewski, Michael Connelly (vir fast food), Roald Dahl, Nick Cave, Chris du Plessis.

Met watter geskiedkundige held identifiseer jy die maklikste?

Don Quixote, Nietzsche, Meursault (Van Camus se L'étranger), Dr. Faustus.

Wie is jou helde in die ware lewe?

Ek dink hulle almal is min of meer in musikale sirkels. Dylan, Waits, Parton, Mercury, Cave, Vedder, Björk... menende, ek sou wat wou gee om een van hulle in lewende lywe te (kon) ontmoet. RIV Freddie Mercury.

Watter lewende mens bewonder jy die meeste?

Ek bewonder, as akteur, vir Daniel Day-Lewis en Tom Hardy a close second. Ek smaak ook vir Rassie stukkend.

Wat dink jy is die mees oorskatte deug?

Geveinsde nederigheid. Baardskeer.

Wanneer vertel jy leuens?

Min of meer elke keer as ek act.

Watter woord of frase gebruik jy te veel?

Metafisika

As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?

Nee wat, ek vat dit soos dit kom, ek het elke lyntjie op my gesig self help inkleur. Vir wat sal ek nou staan peuter? Die slotsom is mos 'n gegewe.

Wat is jou gunstelingname?

Skaaptjoppie, skaaptjoppie & skaaptjoppie.

Hoe sal jy graag wil sterf?

Daai "graag" van jou het aardige komplikasies vir my gedagtegang. Graag? Onwetend, veronderstel ek. Andersins, ten minste tydens 'n groot makietie terwyl ek dans of musiek maak of so iets. Virtuoso kitaarsolo.

As jy ná jou afsterwe kon terugkom as 'n mens of 'n ding, wat dink jy sal dit wees?

'n Ding.

Wat is jou motto?

If all else fails...skaaptjoppies.

SPELETJIES VANDAG

CTA