Profiele

Proust met Nicole Jaekel Strauss

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Nicole Jaekel Strauss is 'n skrywer van Kaapstad. Haar jongste roman, Deelfontein, het verlede jaar verskyn.

Nicole Jaekel Strauss
Nicole Jaekel Strauss

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?

Om drie kinders groot te maak sonder om (al) my varkies te verloor.

Wat is jou idee van perfekte geluk?

Om te reis met my gesin.

Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?

Meditatief

Wat is jou gunstelingberoep?

Skrywer

Wat is jou kosbaarste besitting?

My kinders se melktande.

Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?

Die persoon langs wie ek slaap.

Wat is jou gunstelingreis?

Met my gesin.

Wat is jou sterkste karaktereienskap?

Deursettingsvermoë

Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?

Ek glo nie geluk het trappe van vergelyking nie.

Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?

Small talk.

Wat is jou grootste vrees?

Gevaarlike seestrome.

Wat is jou grootste uitspattigheid?

Goeie balsamiese asyn.

Watter lewende mens verag jy die meeste?

Wladimir Poetin

Waaroor is jy die meeste spyt?

Dat ek nie meer gereis het toe ek jonk was nie.

Watter talent sou jy graag wou hê?

Om opera te sing.

Waar sal jy die graagste wil bly?

Kaapstad

Wat beskou jy as die grootste ellende?

Ongediagnoseerde en/of onbehandelde psigiese ongesteldhede.

Van watter eienskap in 'n man hou jy die meeste?

Intellek

Van watter eienskap in 'n vrou hou jy die meeste?

Intellek

Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?

Ongeduld

Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?

Pretensie

Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?

Vertroue

Wie is jou grootste (fiktiewe) held?

Op die oomblik, Klarissa Grootboom.

Wie is jou gunstelingskrywer(s)?

Kazuo Ishiguro

Deelfontein deur Nicole Jaekel Strauss.
Deelfontein deur Nicole Jaekel Strauss.

Met watter geskiedkundige held identifiseer jy die maklikste?

Elsa Joubert

Wie is jou helde in die ware lewe?

Mense wat doen eerder as praat.

Watter lewende mens bewonder jy die meeste?

Sheryl Ozinsky

Wat dink jy is die mees oorskatte deug?

Gematigdheid

Wanneer vertel jy leuens?

Om gevoelens te spaar.

Watter woord of frase gebruik jy te veel?

For crying in a bucket.

As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?

Ek sou my jonger brein se onthouvermoë wou behou.

Wat is jou gunstelingname?

Piper en Pippin, ons katte.

Hoe sal jy graag wil sterf?

Oud, met grasie.

As jy ná jou afsterwe kon terugkom as 'n mens of 'n ding, wat dink jy sal dit wees?

Piper of Pippin.

Wat is jou motto?

Be kind, courageous, confident.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM