Roberta Durrant is 'n TV-vervaardiger en is by die pas afgelope Silwerskermfees vereer vir haar lewenslange bydrae tot die bedryf - as vervaardiger, regisseur en mentor.

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?
Drie Emmy-benoemings. 2006 en 2007 vir Home Affairs en2004 vir Stokvel, sowel as my twee lewensbydraepryse, van die NasionaleRolprent-en-video-stigting en nou van die Silwerskermfees.
Wat is jou idee van perfekte geluk?
Om een van my kleinkinders 'n drukkie te gee. (hiersien: Dalk is dit kleinkinders?)
Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?
Gelukkig
Wat is jou gunstelingberoep?
Kreatiewe vervaardiger.
Wat is jou kosbaarste besitting?
Geskenke van man en twee dogters.
Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?
My man, my twee dogters en my werk.
Wat is jou gunstelingreis?
Om vir my dogter oorsee te kuier.
Wat is jou sterkste karaktereienskap?
Ek is gefokus.
Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?
Met albei van my dogters se geboorte en hul troues.
Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?
Entitlement
Wat is jou grootste vrees?
Ek probeer nie te vrees nie, maar as ek iets moet kies, saldit wees dat 'n akteur saam met wie ek werk iets oorkom.
Wat is jou grootste uitspattigheid?
Om my familie Mauritius toe te vat.
Watter lewende mens verag jy die meeste?
Ek verag niemand nie. Mense het almal hul eie kruis om tedra.
Waaroor is jy die meeste spyt?
Dat ek te min oefen.
Watter talent sou jy graag wou hê?
Om klavier te kan speel.
Waar sal jy die graagste wil bly?
In die Kaap.
Wat beskou jy as die grootste ellende?
Dat sommige kinders honger gaan.
Van watter eienskap in 'n man hou jy die meeste?
Goedhartigheid
Van watter eienskap in 'n vrou hou jy die meeste?
Krag
Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?
My ywer. Ek is 'n harde werker en ek dink soms werk ek tehard, selfs al weet ek hoe belangrik balans is.
Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?
Onbetroubaarheid en eiegeregtigheid.
Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?
Hulle begrip en aanvaarding van wie ek is.
Wie is jou grootste (fiktiewe) held?
Ek het nie een nie.
Wie is jou gunstelingskrywer(s)?
Isabel Allende.

Met watter geskiedkundige held identifiseer jy diemaklikste?
Amelia Earhart. Sy het vir die wêreld gewys dat vroue kanuitblink op gebiede wat tradisioneel deur mans oorheers is.
Wie is jou helde in die ware lewe?
Goeie akteurs.
Watter lewende mens bewonder jy die meeste?
Crystal-Donna Roberts.
Wat dink jy is die mees oorskatte deug?
Ek het nie 'n antwoord nie.
Wanneer vertel jy leuens?
Seker wit leuens om mense te beskerm teen die waarheid.
Watter woord of frase gebruik jy te veel?
Let's do it!
As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?
Ek sal meer oefen.
Wat is jou gunstelingname?
Julia en Rebecca.
Hoe sal jy graag wil sterf?
In my slaap.
As jy ná jou afsterwe kon terugkom as 'n mens of 'n ding,wat dink jy sal dit wees?
Ek het geen idee nie.
Wat is jou motto?
Leef om 'n verskil te maak.
















