Profiele

Proust met Rocco de Villiers

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Rocco de Villiers is 'n pianis, komponis, vervaardiger en skemerkelkiekenner.

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?

Dat ek 'n loopbaan in instrumentale musiek van die been kon bring.

Wat is jou idee van perfekte geluk?

Saam met my lewensmaat, Clive, die honde en lang geselsies.

Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?

Angstig, onseker maar ook bitter opgewonde.

Wat is jou gunstelingberoep?

Enige beroep waar iemand siekes en veral seniors help en verpleeg.

Wat is jou kosbaarste besitting?

My vriendskappe.

Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?

My lewensmaat van 28 jaar, Clive van den Berg.

Wat is jou gunstelingreis?

Altyd na New York.

Wat is jou sterkste karaktereienskap?

Ek doen wat ek sê ek gaan doen.

Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?

Op die stoep van my plaas so 'n paar jaar gelede.

Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?

Mense wat vir my lieg.

Wat is jou grootste vrees?

Dat ek ontvoer en my mond toegeplak word, want dan sal ek versmoor. Ek ly aan kroniese sinusitis en my neus is altyd toegetrek.

Wat is jou grootste uitspattigheid?

Whisky.

Watter lewende mens verag jy die meeste?

Enige persoon wat vroue, kinders en diere seermaak.

Waaroor is jy die meeste spyt?

Dat ek twee jaar van my lewe in die Suid-Afrikaanse Weermag gemors het.

Watter talent sou jy graag wou hê?

Om groen vingers te kon hê.

Waar sal jy die graagste wil bly?

Presies waar ek nou bly - tussen Johannesburg en Kaapstad.

Wat beskou jy as die grootste ellende?

Hongersnood.

Van watter eienskap in 'n man hou jy die meeste?

Maniere.

Van watter eienskap in 'n vrou hou jy die meeste?

Maniere.

Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?

Ek is ongeduldig.

Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?

Om ander te probeer verkleineer en te boelie.

Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?

Hul geduld.

Wie is jou grootste (fiktiewe) held?

007.

Wie is jou gunstelingskrywer(s)?

Shakespeare, Charles Dickens, Jan Rabie, Daniel Hugo.

Met watter geskiedkundige held identifiseer jy die maklikste?

Al die underdogs.

Wie is jou helde in die ware lewe?

Dr. Imtiaz Sooliman, die stigter van Gift of the Givers, en Anthony Hopkins.

Watter lewende mens bewonder jy die meeste?

Jane Goodall.

Wat dink jy is die mees oorskatte deug?

Wees net jouself.

Wanneer vertel jy leuens?

Wanneer ek nie gimnasium toe wil gaan nie.

Watter woord of frase gebruik jy te veel?

Dis 'n f@k$p!

As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?

Dat ek nie my vermoëns vertrou nie.

Wat is jou gunstelingname?

Babette, Frederik.

Hoe sal jy graag wil sterf?

Vinnig.

As jy ná jou afsterwe kon terugkom as 'n mens of 'n ding, wat dink jy sal dit wees?

'n Papegaai.

Wat is jou motto?

Gaan net aan.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM