Profiele

Proust met Rudie van Rensburg

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Rudie van Rensburg is 'n skrywer van onder meer misdaadverhale en die skepper van die gewilde karakter Hans van Kraaienburg wat bemind geword het vir sy kaskenades in Huis Madeliefie.

Wat is jou grootste prestasie tot dusver?

Dat my drie kinders opgevoede en beskaafde grootmense is.

Wat is jou idee van perfekte geluk?

Om saam met my gesin te kuier.

Wat is jou gemoedstoestand op die oomblik?

Goed.

Wat is jou gunstelingberoep?

Joernalis/skrywer.

Wat is jou kosbaarste besitting?

Goeie herinneringe.

Wat of wie is die grootste liefde van jou lewe?

My gesin.

Wat is jou gunstelingreis?

'n Besoek aan my dogter in Holland.

Wat is jou sterkste karaktereienskap?

Deursettingsvermoë.

Waar en wanneer was jy op jou gelukkigste?

Op Hermanus-vakansies saam met my vrou.

Wat is die een ding waarvan jy die minste hou?

Om in 'n tou te staan.

Wat is jou grootste vrees?

Dat een van my kinders voor my sal sterf.

Wat is jou grootste uitspattigheid?

Ek koop hopeloos te veel boeke.

Watter lewende mens verag jy die meeste?

'n Vorige staatskapende staatshoof.

Waaroor is jy die meeste spyt?

Dat ek nie vroeër in my lewe begin skryf het nie.

Watter talent sou jy graag wou hê?

Ritme - ek kon nooit ordentlik dans nie.

Waar sal jy die graagste wil bly?

Hermanus.

Wat beskou jy as die grootste ellende?

Die trauma wanneer 'n geliefde op die sterwensbed is.

Van watter eienskap in 'n man hou jy die meeste?

Opregtheid.

Van watter eienskap in 'n vrou hou jy die meeste?

Opregtheid.

Watter eienskap van jouself is die betreurenswaardigste?

Moontlik my gebrek aan geduld.

Watter eienskap in ander vind jy betreurenswaardig?

Oneerlikheid.

Wat waardeer jy die meeste van jou vriende?

Hulle opregte vriendskap en ondersteuning.

Wie is jou grootste (fiktiewe) held?

Die Skim.

Wie is jou gunstelingskrywer(s)?

Etienne Leroux.

Met watter geskiedkundige held identifiseer jy die maklikste?

Hans van Kraaienburg.

Wie is jou helde in die ware lewe?

Gesondheidswerkers wat hul lewe in gevaar stel om ander by te staan.

Watter lewende mens bewonder jy die meeste?

Cheslin Kolbe se aftrappe slaan my asem weg.

Wat dink jy is die mees oorskatte deug?

Ek dink nie daar is oorskatte deugde nie.

Wanneer vertel jy leuens?

Wanneer ek uit 'n afspraak wil kom wat my nie aanstaan nie.

Watter woord of frase gebruik jy te veel?

Jy weet.

As jy iets aan jouself kan verander, wat sal dit wees?

Sou korter wou wees. Nie maklik om met my tweemeterlyf oral in te pas nie.

Wat is jou gunstelingname?

Cheetahs, Springbokke.

Hoe sal jy graag wil sterf?

FV (Flippen vinnig).

As jy ná jou afsterwe kon terugkom as 'n mens of 'n ding, wat dink jy sal dit wees?

'n Hond met 'n liefdevolle baas.

Wat is jou motto?

Leef voluit.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM