Toets

MRK ‘se aanbevelings nie bindend’, bevind hof

Foto ter illustrasie.
Foto ter illustrasie. (Netwerk24)

Die Menseregtekommissie (MRK) se aanbevelings is nie bindend nie.

Regter Steven Majiedt het Woensdag so in ’n eenparige uitspraak in die konstitusionele hof bevind.

Die MRK het hom tot die hoogste hof gewend nadat die appèlhof vroeër beslis het dat hoewel die MRK aanbevelings aan die landboumaatskappy AgroData kan doen, die kommissie nie kon bewys dat al sy aanbevelings bindend is nie.

Majiedt sê Woensdag die hof beantwoord die vraag of die MRK bindende aanbevelings ingevolge die Grondwet mag uitreik “negatief”. “Dit beteken dat nadat die MRK ’n ondersoek na ’n klagte afgehandel het, dit aanbevelings kan maak oor gepaste regstelling. Indien die respondent egter weier om volgens die aanbevelings op te tree, sal die MRK of die klaers wat deur die MRK ondersteun word, die saak op die onderliggende feite in die hof moet betwis en ’n reg op die verligting op die meriete moet vasstel.

“In sulke verrigtinge kan die MRK-verslag en aanbevelings as ’n bewysgrondslag dien, maar dit skep nie afdwingbare regsverpligtinge nie,” sê Majiedt.

Die saak spruit uit ’n vroeëre MRK-bevinding dat grondbesetters op die plaas De Doorn Hoek (van AgroData) gratis toegang tot boorgatwater gegee moet word.

*Volg Netwerk24 vir meer oor die storie.

CTA