Die ANC het die stryd teen die DA in die Wes-Kaap verloor,het Fikile Mbalula, die ANC se nasionale verkiesingshoof, gisteraand laattoegegee.
"Ons erken die DA het die Wes-Kaap gewen. Ons wou dié partytot onder 50% afdruk, maar ons het nie daarin geslaag nie," het Mbalula in 'nonderhoud met eNCA gesê.
Teen vanoggend met meer as 90% van die Wes-Kaapse stemme getel,het die DA op 52% gestaan en die ANC op 31%. Tog wou die Wes-Kaapse ANC nog nietoegee dat hy nie die hond haaraf kon maak nie.
Dennis Cruywagen, woordvoerder van die ANC in die Wes-Kaap,het gesê: "Ons posisie was baie duidelik vanaand (gisteraand) dat ons sal wagtot alle uitslae beskikbaar is."
Cruywagen wou nie kommentaar lewer oor Mbulala se uitspraakdat die ANC bes gegee het in die Wes-Kaap nie.

In Gauteng was die uitslag nog op 'n mespunt gebalanseer,hoewel daar tekens was dat die ANC tog dié provinsie sal behou.
Die ANC het teen 09:00 Vrydagoggend 52% van die stemme gehad en die DA 24%.
Roland Henwood, 'n politieke ontleder van die Universiteitvan Pretoria, meen die ANC sal 'n baie klein volstrekte meerderheid in Gautengbehaal. As dit nie gebeur nie, sal die ANC met kleiner partye (en nie met dieEFF nie) 'n koalisie vorm.
"Wat wel duidelik is, is dat die ANC voortaan versigtiger inGauteng moet regeer.
"Die ANC sal besef die opposisie gaan dinge in die aanlooptot 2021 (met die munisipale verkiesing) vir hom moeilik maak," sê Henwood.
Hy meen die kiesers het 'n sterk boodskap aan die ANCgestuur dat hy sy sokkies sal moet optrek voor daardie verkiesing.
Vanjaar se verkiesing sal onthou word vir die laestempersentasie, meen Theo Venter, Die Burger se verkiesingsontleder, enemeritusprofessor Pieter Labuschagne van Unisa.
Die WNNR en die SAUK het teen gistermiddag voorspel dieuiteindelike stempersentasie sal slegs 65,03% wees. Dit is die laagste sedertdie eerste demokratiese verkiesing in 1994. Volgens voorlopige aanduidings worddie ANC die hardste deur die wegblystem getref.
Die WNNR en die SAUK voorspel die ANC sal uiteindelik 57,63%van die stemme op hom verenig teenoor die DA se 20,96%, die EFF se 10,12%, dieIVP se 3,53% en die VF Plus se 2,67%. Die ANC se meerderheid met die vorigealgemene verkiesing in 2014 was 62,15%.
Hoewel sy steun afgeneem het, meen kenners dit sal genoegvir pres. Cyril Ramaphosa wees om die wolwe van sy deure weg te hou. Diesituasie sou anders gewees het as die steun 55% of minder sou wees.

Die VF Plus het in die vorige verkiesing net 0,9% steun genieten sy sterk vertoning vanjaar het baie waarnemers verras.
Intussen het die Verkiesingskommissie, wat onder skerpkritiek deurloop oor sy hantering van die verkiesing, gistermiddagaangekondig 20 mense wat daarvan verdink word dat hulle die Kieswet oortreehet deur meer as een keer te stem, is deur die polisie in hegtenis geneem.
Venter sê wat nou in Suid-Afrika gebeur het, kom ooreen metwat in lande soos Brasilië gebeur het in reaksie op grootskeepse korrupsie.
"Die ANC betaal nou die prys vir staatskaping en korrupsie,"sê hy.
Die swart kiesers se protes hierteen was om Woensdag van diestembus weg te bly.











