Die ANC se mikpunt is om landwyd tot 65% van die steun in volgende week se verkiesings te kry, sê Paul Mashatile, die ANC se tesourier-generaal.
So het Mashatile Woensdag in die Athlone-stadion in Kaapstad gesê toe hy Cosatu op sy amptelike Werkersdagvierings in die Wes-Kaap toegespreek het.
Hy het die teenwoordiges aangemoedig om op 8 Mei in groot getalle te gaan stem om 'n "geweldige oorwinning vir die ANC van tussen 60% en 65% te verseker".
"Ons wil 'n beslissende oorwinning behaal. Ook hier in die Wes-Kaap. Die Wes-Kaap moet terugkom na ANC toe. Ons is moeg om hier deur die DA regeer te word."
*Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.




















