Die stempel is wat tel

Maak seker jou stembriewe het 'n stempel op.

Dit was Dinsdag die waarskuwing van die Verkiesingskommissie (OVK) nadat talle mense wat Maandag en Dinsdag spesiale stemme uitgebring het, gekla het hul stemme is gemors.

Indien die stembrief wat aan jou gegee word nie gestempel is nie, word dit in die tellery as 'n ongeldige stembrief beskou.

Mense kla op sosiale media dat hul stembriewe nie gestempel is nie en Netwerk24het ook talle oproepe daaroor ontvang.

Anneline Kriel, voormalige Mej. Wêreld, skryf op Facebook sy en haar man het Dinsdag gaan stem en net betyds gesien hul stembriewe is nie gestempel nie. Hulle het die OVK-beamptes toe gevra om dit te doen.

'n Video wat op die internet versprei is, het aan die lig gebring dat 'n verteenwoordiger van 'n politieke party by 'n stemlokaal in Benoni aan die Oos-Rand voltooide stembriewe hanteer het.

Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van die beleggingsmaatskappy Sygnia, het getwiet sy is "werklik kwaad" omdat haar stem tot niet is. Die stembriewe waarmee sy Dinsdag in die Wes-Kaap gestem het, is nie gestempel nie en sy het dit eers daarna besef.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se premierskandidaat in Gauteng, sê hulle het ook heelwat klagtes daaroor van hul lede ontvang.

Die OVK sê in 'n verklaring Maandag se voorvalle is Dinsdagoggend met die party-skakelkomitee bespreek wat ook "aanbevelings aan die OVK oor dié gevalle gedoen het".

"Van die aanbevelings sluit in dat die stembriewe wel aanvaar moet word waar die legitimiteit daarvan geverifieer kan word," lui die verklaring.

"Die OVK sal uiteindelik besluit of hierdie stemme tel."

Daar was ook die afgelope twee dae ander probleme.

'n Video wat op die internet versprei is, het aan die lig gebring dat 'n verteenwoordiger van 'n politieke party by 'n stemlokaal in Benoni aan die Oos-Rand voltooide stembriewe hanteer het.

In Noordwes was daar gister plek-plek voorvalle van verkiesingsonrus, maar die polisie sê hy hou die situasie fyn dop.

Hy het gehelp om die stembriewe in koeverte van 'n sak wat vir huisbesoeke gebruik is na 'n boks in die stemlokaal oor te plaas.

Partyverteenwoordigers mag slegs by 'n stemlokaal waarneem en beswaar aanteken oor onreëlmatighede. Hulle mag nie enige stembriewe hanteer nie.

Die OVK sê in 'n verklaring die voorsittende adjunkbeampte van die OVK wat oor die proses toesig gehou het, is daarna verwyder.

Volgens die OVK word 'n stelsel met dubbele koeverte vir spesiale stembriewe gebruik. In sommige gevalle is dit die afgelope twee dae egter nie soos voorgeskryf in twee koeverte geplaas nie.

In die memorandum aan die OVK se beamptes is hulle ook daaraan herinner.

In Mthatha in die Oos-Kaap was sowat 100 bejaardes van 'n ouetehuis wat vroeg wou stem eergister baie teleurgesteld toe hul name nie op die kieserslys verskyn het nie. Die OVK sal hulle glo vandag na hul stembus aanry.

Twee mense is in Giyani, Limpopo, deur die polisie aangekeer nadat 'n groep mans met messe OVK-beamptes bestorm en 93 ongemerkte stembriewe geroof en dit vernietig het.

In Noordwes was daar gister plek-plek voorvalle van verkiesingsonrus, maar die polisie sê hy hou die situasie fyn dop.

Noordwes en KwaZulu-Natal is die twee provinsies waar die polisie die meeste probleme verwag. - Sarel van der Walt, Gert van der Westhuizen, Bonolo Selebano, Susan Cilliers, Philda Essop, Llewellyn Prince, Marietjie Gericke en Charné Kemp

Jongste peiling: ANC kan tot 65% kry

Woensdag se verkiesing sal waarskynlik die vloeibaarste wees sedert alle Suid-Afrikaners 25 jaar gelede vir die eerste keer stembus toe kon gaan.

Ipsos sê in sy laaste peiling voor die verkiesing die ANC kan tussen 61% en 65% van die stemme nasionaal op hom verenig.

Dit is byna 10% meer as wat van die ander meningspeilings getoon het.

Die aandag sal op provinsiale vlak veral gefokus wees op wat in Gauteng, die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap gebeur.

Volgens sommige ontledings kan die ANC sukkel om sy meerderheid in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap te behou, terwyl die DA 'n moeiliker stryd as in 2014 kan verwag.

Gauteng sal 'n besliste brandpunt wees omdat die ANC, die DA en die EFF heelwat steun in die provinsie het.

In die Vrystaat sal dit Qwaqwa, Botshabelo, Mangaung (die stigtersplek van die ANC waar die DA baie hard gewerk het om stemme te werf) en die Goudveld-omgewing wees. In die Noord-Kaap sal Kimberley en Galeshewe die groot rigtingwysers wees.

In die Wes-Kaap kan stewige vertonings van die DA en die ANC in Mitchells Plain en die Bellville-Durbanville-omgewing 'n bepalende invloed op die finale uitslag in dié provinsie hê.

SPELETJIES VANDAG

CTA