KYK: Kovsies praat verkiesing

Hoe hoog is die verkiesingskoors op die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus twee dae voor die algemene verkiesing?

Netwerk24 het Maandag met van die studente, wat meestal voorheen te jonk was om met "die merk op hul duimnael" te spog, gesels.

Kearabetswe Maletsoa (19), eerstejaar-onderwysstudent. Foto: Marita Herselman
Kearabetswe Maletsoa (19), eerstejaar-onderwysstudent. Foto: Marita Herselman

Kearabetswe Maletsoa (19), 'n eerstejaar-onderwysstudent, sal egter nie vanjaar haar eerste kruisie gaan trek nie.

"Ons politici maak leë beloftes en gebruik mag en geweld teen mekaar om ons stemme te werf."

Tensy partye hul benadering tot die politieke stelsel en optrede teenoor mekaar verander, is sy nie van plan om in die toekoms te stem nie.

"Ek is nie bereid om vir mense te stem wat mekaar nie respekteer nie en mekaar skeltaal toesnou," sê Kearabetswe.

Isabella Kruger (19), eerstejaarstudent in BSc ingenieurswese. Foto: Marita Herselman
Isabella Kruger (19), eerstejaarstudent in BSc ingenieurswese. Foto: Marita Herselman

Isabella Kruger (19), eerstejaarstudent in BSc-ingenieurswese, is opgewonde om vanjaar te mag stem.

"My stem tel - sodat ek kan kla as ek wil kla."

Isabella vind aanklank by die beginsels van die party waarvoor sy gaan stem.

Zandalee Naudé (20), 'n tweedejaarstudent in rekeningkunde. Foto: Marita Herselman
Zandalee Naudé (20), 'n tweedejaarstudent in rekeningkunde. Foto: Marita Herselman

Zandalee Naudé (20), 'n tweedejaarstudent in rekeningkunde, beplan om in die toekoms te stem, maar nie vanjaar nie.

"Dis nie dat ek nie vanjaar wou stem nie, ek het net nie die geleentheid gekry om my te registreer nie. As ek my geregistreer het, sou ek gestem het."

Ander studente op die kampus het ook gesê hulle het hulle nie geregistreer om te stem nie.

Matthew Carelse (20), tweedejaarstudent in BCom-beleggingsbestuur. Foto: Marita Herselman
Matthew Carelse (20), tweedejaarstudent in BCom-beleggingsbestuur. Foto: Marita Herselman

Matthew Carelse (20), tweedejaarstudent in BCom-beleggingsbestuur, sê die party waarvoor hy stem, het die regte slagspreuk en die politieke wil om die land 'n bietjie rug te ruk.

"Ek dink dit is belangrik om jou sê te sê en as jy politiek wil praat, moet jy ook jou deel doen om te stem," sê Matthew.

Danie de Jongh (25), 'n vierdejaar-teologiestudent.Foto: Marita Herselman
Danie de Jongh (25), 'n vierdejaar-teologiestudent.Foto: Marita Herselman

Danie de Jongh (25), 'n vierdejaar-teologiestudent, gaan vir dieselfde party stem as in die vorige verkiesing, oor onder meer hul goeie leierseienskappe.

"Dié politieke party het homself al bewys deur baie in die gemeenskap en in die Vrystaat te doen."

Morena Msimango (18), eerstejaar-onderwysstudent. Foto: Marita Herselman
Morena Msimango (18), eerstejaar-onderwysstudent. Foto: Marita Herselman

Morena Msimango (18), eerstejaar-onderwysstudent, is ook geesdriftig om vanjaar te stem.

"Ek gaan vir die ANC stem, omdat ek dink dit gaan tot die ekonomie bydra."

Tshegofaditswe Sekwena (24), student in maatskaplike werk.Foto: Marita Herselman
Tshegofaditswe Sekwena (24), student in maatskaplike werk.Foto: Marita Herselman

Tshegofaditswe Sekwena (24), student in maatskaplike werk, sal ook Woensdag vir die eerste keer stem.

Sy gaan vir 'n verandering in perspektief stem.

Op die vraag of sy dink dit is belangrik om te stem, sê sy: "Dis jou keuse; as jy nie stem nie, dan het jy nie 'n spreekbuis vir verandering nie."

SPELETJIES VANDAG

CTA