Verkiesings 2019

'Meer Afrikaanses gaan vir VF Plus stem'

Al hoe meer Afrikaanse mense dui aan dat hulle volgende week vir die Vryheidsfront Plus gaan stem omdat dié party so sterk opkom vir hierdie gemeenskap, sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Foto: Argief
Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Foto: Argief

Groenewald was Dinsdagoggend in Kuilsrivier, Kaapstad, waar hy en ander partyleiers by Sarel de Beer se huis in Plantanusstraat was om eerstehands die skade te sien wat vloedwaters die afgelope jare daar aangerig het.

Groenewald sê hy en sy span het die afgelope ruk die land deurkruis om as deel van hul verkiesingsveldtog na mense se klagtes oor diensleweringskwessies te luister.

"Baie bel my ook regstreeks en sê hulle is moeg vir die dubbele standaarde van die DA vir wie hulle in die laaste verkiesings gestem het. Hulle lig ons ook in dat hulle hierdie keer vir ons gaan stem omdat ons so sterk opkom vir die Afrikaanse gemeenskap."

Volgens Groenewald verwag sy party daarom dat hy baie meer steun op 8 Mei se verkiesing sal kry.

* Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM