Verkiesings 2019

OORSIG: 96% van nasionale stemme is getel

Die einde is in sig en die laaste stemme van vanjaar se verkiesing word nou getel. Netwerk24 bring vir jou die jongste nuus regstreeks en sal die uitslae aankondig namate dit bekend word.

Tot dusver:

  • Voorlopige uitslae het Vrydagmiddag gewys dat die DA die verkiesing in die Wes-Kaap gewen het met sowat 55% van die steun.
  • Die EFF lyk tans sterk en glo hy sal 10% van die stemme nasionaal op hom verenig.
  • Die VF Plus het verras met meer as dubbel die getal stemme wat hy in 2014 behaal het.

-

2019-05-10 22:43:37

Nie die einde van Cope, sê Lekota

Mosiuoa Lekota, leier van Cope, het Vrydagaand aan News24 gesê die party is nie in sy doodsnikke nie.

Lekota glo Cope sal ondanks sy swak vertoning in die afgelope verkiesing herleef.

News24 berig alle aanduidings is dat die party teen Vrydagaand in 'n stryd gewikkel was om een setel in die parlement te verower.

Lees die volledige berig hier. 2019-05-10 22:40:00

‘Gautengers wys hul woede’

Woede teenoor die ANC in Gauteng is die rede waarom die party Vrydagaand noggesukkel het om die mag in die provinsie te behou, en ook net-net.

Die politieke ontleder Ralph Mathekgasê Gautengers is baie kwaad vir die ANCen dit blyk duidelik uit dieverkiesingsuitslae.

Vrydagaand vroeg, toe 79% van diestemme klaar getel was, het die ANC50,86% van die steun gehad. Enkele urevroeër was dit minder as 50%.

Lees die volledige berig hier.2019-05-10 22:38:39

Wes-Kaap bly blou, maaralle oë nou op 2021

Wes-Kaapse partye het hul visier nou op die plaaslike verkiesing in 2021 gerig nadatdie twee grootste partye nie bevredigende vertonings in die provinsiale verkiesinggelewer het nie en kleiner partye gegroei het.

Nadat die uitslag Vrydag bekend gemaak is, het Alan Winde, DA-premierskandidaat,gesê hy stem nie saam dat die party steun in die Wes-Kaap verloor het nie “as jy kykna die res van die land en wat mense gesê het oor hoe ons sal vaar”.

Lees die volledige berig hier. 2019-05-10 21:08:00

Teen 20:00 Vrydagaand

Aantal stemme: 16 443 922

Stemme getel: 96,55%

Stemopkoms: 65,66%

ANC - 57,7%

DA - 20,69%

EFF - 10,56%

IVP - 3,47%

VF Plus - 2,31%

ACDP - 0,85%

UDM - 0,46%

ATM - 0,45%

2019-05-10 21:04:45

2019-05-10 21:00:18

2019-05-10 20:56:33Glen Mashinini, voorsitter van die Verkiesingskommissie, praat Vrydagaand op 'n nuuskonferensie by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

2019-05-10 20:54:27Love praat op 'n mediakonferensie by die OVK se nasionale uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

2019-05-10 20:53:03Love sê kragtens die Kieswet is dit onwettig om twee keer te probeer stem. Dit is hoekom mense in hegtenis geneem is.2019-05-10 20:39:35Die OVK erken dit is teoreties moontlik om meer as een keer te stem, maar in dié stadium is daar geen konkrete bewyse dat dit inderdaad gebeur het nie, sê Love.2019-05-10 20:30:57Love sê 1 020 stempunte sal geoudit word. Dié stempunte is deur die statistikus-generaal gekies.2019-05-10 20:28:32

Die OVK is teleurgesteld in partye wat die kieskode oortree het. Sy gee dan voorbeelde van mense wat oneerlik in die verkiesing was.

2019-05-10 20:27:07

17 mense het in KwaZulu-Natal by een stembus gestem en toe na 'n ander stembus gegaan om weer te gaan stem. Hulle is egter betyds gekeer en later in hegtenis geneem.

2019-05-10 20:23:44

Volgens Love is 24 mense wat meer as een keer gestem is, al in hegtenis geneem.

2019-05-10 20:22:34

Love sê 'n lys van die stempunte wat geoudit sal word, sal aan politieke partye beskikbaar gestel word.

2019-05-10 20:21:35Kommissaris Janet Love nou aan die woorde.2019-05-10 20:21:22

Mamabolo sê nog uitslae word ingewag voordat die uitslae gefinaliseer sal word. Dit sal hopelik voor middernag Vrydagaand gebeur.

2019-05-10 20:20:18

Die stand van sake om 20:20

Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie, is aan die woord op 'n nuuskonferensie by die uitslagsentrum in Pretoria.

Net meer as 96% stemme is reeds in die nasionale verkiesing getel.

2019-05-10 20:16:03

Cyril Ramaphosa se naam was nie op stembrief

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het Vrydag in 'n onderhoud gesê (pres.) Cyril Ramaphosa se naam was nie op die stembrief nie en dat hy deel van die kollektief is.

"Cyril Ramaphosa is nie die organisasie nie. Cyril Ramaphosa was nie verkiesbaar nie. Cyril Ramaphosa is deel van die ANC, moenie hom van die ANC af isoleer nie. Die ANC is nie ek nie," het Magashule gesê.

Klik hier vir die volledige berig. 2019-05-10 20:09:48

Kleiner partye dreig met regsaksie

In ’n prokureursbrief wat deur ’n groep kleiner partye na die Verkiesingskommissie (OVK) gestuur is, word beweer dat die verkiesing nie vry en regverdig was nie.

News24 het die brief gesien wat Vrydag na die OVK gestuur is.

In die brief word die OVK ’n spertyd vir Saterdag 11:00 gegee om ’n onafhanklike ouditmaatskappy aan te stel om die uitslae te hersien.

As die OVK nie gehoor gee nie, sal prokureurs die Kieshof nader vir ’n bevel om ’n ouditeur aan te stel en ’n interdik bekom om die OVK te verhoed om die uitslag amptelik bekend te maak.

Van die beweerde onreëlmatighede sluit in mense wat verskeie kere gestem het, stempunte wat laat geopen het en een geensins nie, stempunte waar stembriewe opgeraak het en kiesers wat gevra is om later terug te kom, talle penne wat nie gewerk het nie en ink wat maklik afgevee kon word en skandeerders wat nie gewerk het nie.

Klik hier vir die volledige storie. 2019-05-10 20:03:52

KYK: 'My droom is om nog eendag president te word,' sê Hlaudi2019-05-10 20:01:56

Die presidensie het pas aangekondig dat pres. Cyril Ramaphosa Saterdag na verwagting om 18:00 die nasionale uitslagsentrum in Pretoria sal besoek. Uit dié verklaring lyk dit of die verkiesingsuitslae wel Saterdag geproklameer sal word.

2019-05-10 19:52:18

3 groot partye sal mooi moetdink oor toekoms

Suid-Afrika se drie groot politieke partye – die ANC, DA en die EFF – sal “baie diep”oor hul strategieë moet nadink ná die verkiesing.Met byna 94% van stemdistrikte se uitslae wat Vrydag teen 17:00 verwerk is, het dieANC op 57,74%, die DA op 20% en die EFF op 10,49% gestaan.

Ralph Mathekga, politieke ontleder aan die Universiteit van Wes-Kaapland, hetVrydag by die Verkiesingskommissie se nasionale uitslagsentrum in Pretoria gesêgeeneen van die groot partye kan aanspraak maak daarop dat hulle glinsterend uitdie verkiesing gekom het nie.

Klik hier vir volledige storie. 2019-05-10 19:41:37

Die video waaroor die twee in hegtenis geneem is.2019-05-10 19:40:10

'Fluitjieblaser' geteiken, sê joernalis

Sy in hegtenisneming is 'n geval waar die ''fluitjieblaser" eerder as die oortreder geteiken word, sê Etienne Maré, eienaar van Suburb News, 'n gemeenskapsnuusdiens in Nelspruit.

Maré is Vrydag in hegtenis geneem op aanklagte van die oortreding van die Kieswet. Hy het het 'n video gemaak waarin hy Woensdag gewys het hoe maklik dit is om meer as een keer te stem nadat 'n vrou van Barberton aan hom vertel het dat sy drie keer gaan stem het.

Maré sê die inhegtenisneming is 'n geweldige skok. "Die gemeenskap ken my as iemand wat daarop aandring om my feite te bewys en iemand wat nou met die polisie saamwerk om misdaad bloot te lê."

Maré het Vrydag saam met Malinda Halloway in die landdroshof in Barberton verskyn.

Sy is die vrou wat op video vertel hoe sy drie keer gestem het. Haar gesig is op die video verbloem en haar naam is nie deur Maré aan die polisie bekend gemaak nie. "Die polisie het hulle eie inligting gebruik om haar te identifiseer," sê Maré.

Hy het aan Netwerk24 vertel hoe hy Vrydag op versoek van die polisie self Barberton toe gery het. "Daar is ek onder arres geplaas. Ek was bekommerd dat ons nie betyds voor die landdroshof gebring sou word nie en dalk aangehou sou word."

Maré en Hall is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat en moet op 28 Junie weer in die hof verskyn. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (SANEF) het aangedui dat hulle ondersoek instel na die inhegtenisneming. - Alet Joubert

2019-05-10 19:36:56

KYK NOU: OVK sê oor uitslae2019-05-10 19:12:24'n Lid van die BLF kyk na die telbord by die uitslagsentrum in Pretoria waar die uitslae bekend gemaak gaan word. Foto: Deaan Vivier

2019-05-10 19:11:15Só lyk die uitslae in die Wes-Kaap

2019-05-10 19:10:51Só lyk die uitslae in die Noord-Kaap

2019-05-10 19:06:57Kort ná 19:00 Vrydagaand het die ANC nasionaal reeds 57,71% op hom verenig, die DA 27,23% en die EFF 13,38%. 95,81% van die stemme was toe reeds getel.

2019-05-10 18:58:21Só lyk die telbord tans by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

2019-05-10 18:42:01'n Skermgreep van die stand van sake in Gauteng teen 18:40 Vrydagaand. 79,83 % van die stemme is al getel.

2019-05-10 18:19:52

KYK: 'Niemand kan nou meer sê die BLF het nie ondersteuning nie' - BLF

2019-05-10 18:05:04

DA se Solly Msimanga ‘gaannié parlement toe’

Die DA hou die uitslae in Gauteng nog fyn dop, maar sal nie sommer netkoalisies vorm om te regeer nie.“Ons het gemengde gevoelens omdat ons steun verloor het in gebiede waar die DA geruime tyd sterk was,” sê Solly Msimanga, die DA se premierskandidaat virGauteng en voormalige burgemeester van Tshwane.

Lees die volledige artikel. 2019-05-10 18:01:13

ANC-lede het in KZN na IVP 'gestroom'

Die IVP het Vrydag sy herwonne status (volgens voorlopige syfers) tot amptelike opposisie in KwaZulu-Natal toegeskryf aan die wegrokkeling van ANC-lede in dié provinsie.

Velenkosini Hlabisa, die IVP-premierskandidaat, het gesê die IVP het ’n toestroming gesien van ANC-lede wat die regerende party verlaat en by hulle aangesluit het.

“Ons het lede van die ANC, asook lede van die National Freedom Party (NFP), verwelkom. Ons het nou ons 2014-stemsyfer verbygesteek om die amptelike opposisie in die wetgewer te word,” het Hlabisa gesê.

2019-05-10 17:58:53

Noord-Kaap bly ANC

Die Noord-Kaap bly ANC. Dié party het die provinsiale verkiesing daar met ’n meerderheid van 57,54% gewen. Die DA was tweede (25,51%), gevolg deur die EFF (9,71%) en die Vryheidsfront Plus (2,68%).

2019-05-10 17:55:34

Kleiner partye dreig met interdik

Kleiner partye het gedreig om 'n interdik teen die OVK se bekendmaking van die verkiesingsuitslae te kry indien hy nie 'n onafhanklike ouditeur teen Saterdagoggend 11:00 aanstel nie, berig Kyle Cowan vir News24.

2019-05-10 17:51:25Ace Magashule, omstrede sekretaris-generaal van die ANC, sê die nuwe lede van die kabinet moet hulle deur die ANC laat lei, nie hul gewete nie, berig News24.2019-05-10 17:46:00

OVK sal oudit doen in sekere stemdistrikte

Die OVK het ingestem om 'n oudit te doen van al die stemdistrikte waar kiesers glo meer as een keer gestem het. Die oudit sal ook steekproewe van ander stemdistrikte insluit.

Só het James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, Vrydagmiddag in 'n gesamentlike verklaring deur die DA, Cope, UDM en ACDP gesê.

2019-05-10 17:14:03

2019-05-10 17:00:17

Nog twee vas oor 'dubbel stemmery'

Die polisie het Vrydag twee mense, ’n joernalis en ’n vrou van Baberton, wat glo Woensdag meer as een keer gestem het, in hegtenis geneem.

Netwerk24 het Donderdag berig Malinda Halloway (57), wat op toe net as “mev. M” bekend gestaan het, het in ’n video-onderhoud met die aanlyn nuusplatform Suburb News beweer sy het dit reggekry om by drie verskillende stempunte te stem.

Etienne Mare (52), eienaar van Suburb News, het die onderhoud met haar op ’n plek naby Nelspruit gevoer. Hy het Halloway se bewerings op die proef gestel deur suksesvol by twee verskillende stemlokale te stem, waarna hy ’n video daarvan gedeel het.

Nadat hy by die eerste stempunt gestem het, kon hy die ink van sy linkerduim afkry en by ’n tweede stempunt gaan stem.

In die video wys Marais hoe hy by die tweede stempunt sy stembrief bederf om “binne wetlike perke te bly”.

Sowel Mare as Halloway het Vrydag in die landdroshof in Barberton verskyn op aanklagte dat hulle die Kieswet oortree het. Hul arrestasies bring die getal mense wat gearresteer is omdat hulle meer as een keer gestem het, op 24 te staan. Die OVK het vroeër gewaarsku mense wat meer as een keer stem, kan tot tien jaar tronkstraf opgelê word as hulle skuldig bevind word.

2019-05-10 16:45:01

Adv. Dali Mpofu van die EFF en sy seun, Sizwe Mpofu-Welsh, is ook by die uitslagsentrum in Pretoria. Foto: Felix Dlangamandla/Netwerk24

2019-05-10 16:35:48Andile Mgxitama, leier van Black Land First (BLF), het Vrydagmiddag laat by die uitslagsentrum in Pretoria aangekom. Foto: Felix Dlangamandla

2019-05-10 16:34:42

EFF amptelike opposisie in Mpumalanga

Die EFF is die amptelike opposisie in Mpumalanga. Die party het sy stemme van 6,15% in 2014 tot 11,51% verhoog. Die ANC het die verkiesing in Mpumalanga met 72,23% gewen. Die DA het 9,12% gekry

2019-05-10 16:31:47

ANC 'skrum' nog vir Gauteng

Fikile Mbalula, ANC-verkiesingshoof, sê die ANC kan bes moontlik '' 'n drie in beseringstyd" aanteken om die provinsiale verkiesing in Gauteng te beklink.

2019-05-10 16:30:29Magashule sê hy dink die ANC gaan ook skoonskip maak in die Oos-Kaap. Foto: Deaan Vivier

2019-05-10 16:27:45

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, oor Pieter-Louis Myburgh, skrywer van die boek Ganger State. 2019-05-10 16:23:36

Hlaudi Motsoeneng se African Content Movement (ACM) het nie goed by die stembus gevaar nie. Motsoeneng het wel Vrydag by die uitslagsentrum in Pretoria opgedaag om die uitslag van die 2019-verkiesing eerstehands te beleef. Foto: Deaan Vivier

2019-05-10 16:07:06

'Ek bly waar ek is'

Solly Msimanga, die DA se premierskandidaat in Gauteng, sê hy bly in provinsiale politiek selfs al word hy nie premier nie. Hy sê die DA gaan diep introspeksie doen ná die finale uitslag oor die steun wat hy verloor het.

2019-05-10 16:05:44Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het Vrydagmiddag by die uitslagsentrum in Pretoria aangekom en die media te woord gestaan. Hy het onder meer gesê die ANC sal die Oos-Kaap inpalm. Foto: Felix Dlangamandla

2019-05-10 16:00:59

EFF groei sterk in Mpumalanga

Die EFF se ondersteuning met meer as verdubbel sedert 2014 en met 6.53 persentasiepunte verbeter tot 12,79& vanjaar, berig News24.

2019-05-10 15:55:54

2019-05-10 15:35:56

Parlement reg vir nuwe LP's

Die parlement sê hy is gereed om die nuwe LP’s in te huldig sodra die Verkiesingskommissie die finale verkiesingsuitslae bekend gemaak het.

Moloto Mothapo, parlementswoordvoerder, het Vrydag gesê sodra die uitslae bekend gemaak word, sal partye se kandidatelyste aan hoofregter Mogoeng Mogoeng oorhandig word om voor te berei vir die inhuldigingseremonie.

Die uitslae is geskeduleer om Saterdag amptelik uitgereik te word.

Ingevolge die Grondwet moet die Nasionale Vergadering (NV) en die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) binne 14 dae nadat die uitslae verklaar word, saamgestel word.

Die eerste sitting van die NV is voorlopig geskeduleer vir 22 Mei en dié vir die NRP vir 23 Mei.

2019-05-10 15:34:44

2019-05-10 15:33:45

2019-05-10 15:32:19

2019-05-10 15:30:16

Maimane nie bekommerdoor sy posisie

Hoewel die uitslae tans daarop dui dat die DA sy plek as amptelike opposisie kwyt is in twee provinsies en dat hy steun in die Wes-Kaap verloor het, sal dit nie daartoe lei dat hy as leier vandie party verwyder word nie, sê Mmusi Maimane.

Die DA-leier het Vrydag die media in die uitslagsentrum van dieVerkiesingskommissie (OVK) in Pretoria toegespreek.

Met meer as 80% van die stemme watteen 12:00 getel was, het die InkathaVryheidsparty (IVP) en die EFF die DA asamptelike opposisie in onderskeidelikKwaZulu-Natal en Mpumalangaverbygesteek.

Lees volledige berig. 2019-05-10 15:28:02

ANC se groot steun kom van Limpopo

Limpopo is die provinsie waar die ANCin vanjaar se verkiesing die meestesteun gekry het.Teen Vrydagmiddag laat het dié party77% van die stemme gehad, metbykans 80% van die stemme wat getelis. Die ANC swaai die septer in al diemunisipaliteite in Limpopo.

Lees volledige berig. 2019-05-10 15:26:27Limpopo se stemme is steeds nie klaar getel nie. Altesaam 76% van stemme is teen 13:00 getel. In Mpumalanga is 98,48% van stemme al getel. In albei provinsies het die ANC die meeste stemme tot duver gekry.2019-05-10 15:22:33eNCA vra vir Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, of hy van president Cyril Ramaphosa hou. "Wel, ek hou van almal," is sy antwoord.2019-05-10 15:19:02

14,6 miljoen stemme reeds getel

Sowat 14,6 miljoen geldige stemme is teen 15:00 Vrydagmiddag al landwyd getel.

Die verkiesingsuitslae van sowat 89,66% stemdistrikte is ook teen dié tyd deur die OVK vasgelê.

Uit die getelde stemme het sowat 8,3 miljoen (57,31%) tot dusver aan die ANC gegaan, meer as 3 miljoen (21,09%) aan die DA en 1,5 miljoen (10,31%) aan die EFF.

Die IVP – wat tot dusver baie sterk sedert die laaste verkiesing in KwaZulu-Natal gegroei en die DA daar waarskynlik as amptelike opposisie gaan onttroon – het tot op hede 591 361 (3,55%) stemme.

Die VF Plus het teen 15:00 op vier na die meeste stemme - en die meeste in sy verkiesingsgeskiedenis - gekry met 245 972 stemme. – Bron: www.elections.org.za

2019-05-10 15:18:56

14, 6 miljoen stemme reeds getel

Sowat 14,6 miljoen geldige stemme is teen 15:00 Vrydagmiddag al landwyd getel.

Die verkiesingsuitslae van sowat 89,66% stemdistrikte is ook teen dié tyd deur die OVK vasgelê.

Uit die getelde stemme het sowat 8,3 miljoen (57,31%) tot dusver aan die ANC gegaan, meer as 3 miljoen (21,09%) aan die DA en 1,5 miljoen (10,31%) aan die EFF.

Die IVP – wat tot dusver baie sterk sedert die laaste verkiesing in KwaZulu-Natal gegroei en die DA daar waarskynlik as amptelike opposisie gaan onttroon – het tot op hede 591 361 (3,55%) stemme.

Die VF Plus het teen 15:00 die vyfde meeste stemme - en die meeste ooit in sy verkiesingsgeskiedenis - gekry met 245 972 stemme. – Bron: www.elections.org.za

2019-05-10 15:14:49Vir al die regstreekse dekking tot vroeg Vrydagmiddaglees die volledige berig hier.Volledige berig.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM