2019

OORSIG: OVK verklaar verkiesing as vry en regverdig

Die Verkiesingskommissie (OVK) het die 2019-verkiesing as vry en regverdig verklaar.

13 van die 48 partye wat aan die nasionale verkiesing deelgeneem het, gaan as volg in die nasionale vergadering verteenwoordig word:

Al-Jamah: 1 setel

PAC: 1 setel

ATM: 2 setels

Cope: 2 setels

Good: 2 setels

UDM: 2 setels

NFP: 2 setels

ACDP: 4 setels

VF Plus: 10 setels

IVP: 14 setels

EFF: 44 setels.

Die amptelike opposisie in die sesde parlement sal die DA met 84 setels wees.

Vir die sesde keer in 26 jaar in 'n ry, sal die ANC die meerderheid met 236 setels in die parlement hê.

2019-05-11 19:07:25

Ramaphosa: 'Laat ons nou saamwerk' soos Madiba gevra het

"Ons mense het aan die leier van die land 'n sterk mandaat gegee om 'n beter Suid-Afrika vir almal te bou. Laat ons nou saamwerk, swart en wit, jonk en oud, man en vrou, om 'n ware verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese, demokratiese en vooruitstrewende land te bou wat Mandela se visie was. Baie dankie." Foto: Deaan Vivier

2019-05-11 18:54:51

Ramaphosa: 'Ons mense het duidelik en empaties gepraat'

"Ons loof ook die jong mense van ons land en veral dié wat vir die eerste keer gestem en verantwoordelikheid vir hul toekoms en vir dié van ons land geneem het.

"Ons moet tevrede wees dat jong mense so in die lewe in hul land belang stel.

"Ons wil egter hê daardie noue belang moet aanhou groei omdat te veel jong mense nog nie gestem het nie. Ons mense het duidelik en empaties gepraat.

"Hulle het vir 'n verenigde en gelyke samelewing gestem.

"Hulle het gestem vir 'n vreedsame land, vasteland en wêreld. Ons bedank die OVK se personeel en leierskap wat baie min die afgelope paar dae geslaap het. Ons loof hulle vir hul harde werk. Ons het julle elke uur op televisie dopgehou, maar julle het staande gebly. Dankie.

"Dikwels en in moeilike omstandighede het julle as kommissie onpartydig opgetree soos van dié instelling verwag word. Ons loof ook lede van die polisie en weermag wat vrede en stabiliteit tydens die verkiesings verseker het en vir binnelandse sake wat verseker het die talle kiesers het hul identiteitsdokumente op stemdag gehad.

"Ek wil ook die polisie, weermag en binnelandse sake bedank vir hulp aan mense wat ná die vloede in ons land hul identiteitsdokumente verloor het en tydelike dokumente moes kry. Van daardie mense het vir my gesê hulle het dit gekry en dat hulle dus kon stem. Ek bedank daarom weer namens hulle.

"Ek wil ook politieke leiers wat aan die verkiesings deelgeneem het, bedank. Ja, daar is straf meegeding. Ons het moeilik en hard met mekaar gepraat, maar dit was 'n kompetisie en ons mense het nou gepraat. Ons moet almal nou hul wil aanvaar.

"Ek wil ook alle waarnemingspanne bedank. Plaaslik en internasionaal.

"Ek wil ook die Afrika-Unie bedank wat 'n waarnemingspan gestuur het. Soos oudpres. Kikwete van Tanzanië gesê het, die verkiesing was vry en regverdig en legitiem. Ek wil ook die media bedank wat aanhou om 'n noodsaaklike rol in ons demokrasie te speel en ons mense goed ingelig het voordat hulle gaan stem het. Hulle speel 'n belangrike rol in ons land. Ek weet baie van hulle het min geslaap, maar julle kry nou presidensiële toestemming om te gaan slaap. Ons sal aangaan met die werk. Los dit nou vir ons," skerts hy

2019-05-11 18:47:27

Ramaphosa: 'Ons bring hulde aan die miljoene wat gestem het'

Pres. Cyril Ramaphosa spreek die gehoor toe by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria waar die uitslae van die 2019-verkiesing amptelik aangekondig is.

"Vandag is ons 25 jaar later hier op uitnodiging van die OVK om die aankondiging van die sesde demokratiese verkiesing by te woon.

"Ons het nou 'n groter waardering vir wat pres. Nelson Mandela by sy inhuldiging in 1994 gesê het oor die glorieryke menslike prestasie soos vryheid wat in SA bereik is. Dit wys ons mense is inderdaad die ware voogde van ons vryheid en demokrasie. Ons bring hulde aan die miljoene wat gegaan het om te stem vir die party wat hulle moet help om hul aspirasies en gedeelde drome te verwesentlik. Hulle het in die reën gaan stem.

"Ons het gehoor baie moes oor vol riviere en oor berge klim om te gaan stem. Daardeur herbevestig hulle dat ons demokrasie lewend is waar verskeie partye teen mekaar meegeding het.

"Ná maande se verkiesingsveldtogte waarin politieke leiers hul sê gehad het, het Suid-Afrikaners die afgelope week die kans gehad om hul sê te sê. Ons is diep hartseer oor die dood van twee van ons mense Woendag by die stembus. Ons bring hulde aan hul families."

Foto: Deaan Vivier

2019-05-11 18:40:14

Partye in die parlement

Glen Mashinini, voorsitter van die OVK, gaan voort met die aankondiging:

"Ondanks die styging in die getal partye wat aan die verkiesing deelgeneem het, is daar steeds net 13 partye wat in die Nasionale Vergadering van die parlement verteenwoordig gaan word. 'n Rekordgetal van 48 partye het aan die nasionale verkiesing deelgeneem."

Al-Jamah: 1 setel

PAC: 1 setel

ATM: 2 setels

Cope: 2 setels

Good: 2 setels

UDM: 2 setels

NFP: 2 setels

ACDP: 4 setels

VF Plus: 10 setels

IVP: 14 setels

EFF: 44 setels.

Die amptelike opposisie in die sesde parlement sal die DA met 84 setels wees.

Vir die sesde keer in 26 jaar in 'n ry, sal die ANC die meerderheidsparty met 236 setels wees.

2019-05-11 18:28:39

Glen Mashinini, voorsitter van die OVK, kondig die amptelik uitslae aan:

Provinsiale wetgewers

Politieke partye sal vir die volgende vyf jaar as volg in die onderskeie provinsies verteenwoordig word:

Oos-Kaap

ATC, VF Plus, EFF, DA (amptelike opposisie met 10 setels) en ANC (wenner met 44 setels).

Vrystaat

VF Plus (1 setel), EFF (4 setels), DA (6 setels) en ANC wen met 19 setels.

Gauteng

ACDP (1 setel), IVP (1 setel) VF Plus (3 setels) en EFF (11 setels). Die DA kry 20 setels. Die ANC kry 37 setels.

KwaZulu-Natal

ATM (1 setel), ACDP (1 setel), Minority Front (1 setel), EFF (8 setels) en DA (11 setels). Die amptelike opposisie daar is IVP met 13). Die ANC kry 44 setels.

Limpopo

VF Plus (1 setel) en DA (3 setels). Die amptelike opposie is EFF (7 setels). Die ANC wen met 38 setels.

Mpumalanga

VF Plus (1 setel), DA (3 setels) en die amptelike opposisie is EFF (4). ANC wen met 22 setels.

Noordwes

VF Plus (2 setels), DA (4 setels) en die amptelike opposisie is die EFF met 6 setels. Die ANC wen met 21 setels.

Noord-Kaap

VF Plus (1 1 setel), EFF (3 setels) en die DA is die amptelike opposisie met 8 setels. Die ANC wen met 18 setels.

Wes-Kaap

Al Jamah (1 setel), VF Plus (1 setel), ACDP (1 setel) Good (1 setel) EFF (2 setels). Die ANC is amptelike opposisie met 12 setels. Die DA wen met 24 setels.

2019-05-11 18:26:08Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte. Foto: Deaan Vivier

2019-05-11 18:25:14

'Net 1% was ontevrede'

Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte:

"Ons het ook geleer dat die groot styging in politieke partye die kiesers meer keuses gegee het, maar ook meer uitdagings vir die OVK gebring het. Dit het ook die OVK se koste vir alle verkiesingsmateriaal verhoog, asook gelei tot 'n langer stembrief wat die tyd vir die tel van stemme verleng het.

"Mediaberigte het ook op geïsoleerde voorvalle gefokus waar ons prosesse nie gewerk het nie. Maar terselfdertyd was daar ook die storie van kiesers wat berge versit het om te kan stem. Ook van personeel wat alles ingesit het om vrye en regverdige verkiesing te kon lewer. Waarnemers van SA en die buiteland het die verkiesings as vry en regverdig bevind.

"97% van kiesers wat ondervra is, het gesê die stemproses was maklik, terwyl 97% gesê het dit was vry en regverdig. Net 1% was ontevrede. 68% het minder as 15 minute geneem om by hul stemlokale te kom en die wagtyd in rye was vir hulle ook net 15 minute.

2019-05-11 18:14:52Pres. Cyril Ramaphosa en sy vrou, dr. Tshepo Motsepe, kom by aan by die OVK se nasionale uitslagsentrum in Pretoria waar die uitslae van die verkiesing geproklameer word. Foto: Deaan Vivier

2019-05-11 18:13:41

'Ons is soos nooit tevore vanjaar getoets'

Sy Mamabolo, hoofverkiesingsbeampte:

"Verkiesings is 'n grondwetlik gedefinieerde prosedure om die wil van die mense te bepaal. Dit is waaroor die verkiesing vanjaar was. Vanjaar is die finale stap van die reis wat ons twee jaar gelede begin het. Dit het hoogte- en laagtepunte gehad. Dit is moontlik gemaak deur die OVK-personeel en vrywilligers wat die land weer trots gemaak het. Sonder hul uitstekende bydrae sou die projek onmoontlik gewees het, maar die OVK het nie alleen die verkiesings gelewer nie.

"Daar was ook die regering, partye, die media, die burgerlike samelewing, waarnemers en natuurlik die kiesers van SA. Ons is julle ewig dankbaar dat julle die verkiesing moontlik gemaak het. Die mense van SA het weer in hul miljoene aan die demokratiese verkiesings deelgeneem. Ons het weer vir die wêreld gewys dat ons ondanks uitdaging steeds aan vrye en regverdige verkiesings kon deelneem.

"Ons is vanjaar getoets soos nooit tevore nie. Alle belanghebbendes het daartoe bygedra dat ons as 'n nasie ondanks die uitdagings sterker anderkant uitgekom het. As kommissie het ons geleer dat daar altyd ruimte vir evolusie is in terme van die prosesse wat ons gebruik."

2019-05-11 18:05:07Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte, is nou aan die woord. Hy groet eers alle hooggeplaastes wat teenwoordig is.2019-05-11 18:03:35Pres. Cyril Ramaphosa en sy geselskap word verwelkom. Die kommissarisse van die OVK word voorgestel.2019-05-11 18:00:09Die verrigtinge begin met die sing van die volkslied.2019-05-11 17:51:57

Kiesers in Gauteng se boodskap is duidelik

Dakota Legoete, ANC-woordvoerder, sê dit was 'n naelbytstryd om Gauteng te beklink. "Kiesers het nou vir die tweede keer die ANC kennis gegee (dat hulle ontevrede is)."

Hy sê ANC-leiers in die provinsie - van plaaslike tot provinsiale regering - moet besef dit was 'n harde stryd en dat hulle nou dienslewering moet verbeter.

2019-05-11 17:50:19Die diplomatieke korps in Pretoria is ook in groot getalle teenwoordig by die bekendmaking van die uitslae.2019-05-11 17:21:07

Stoele reggeskuif vir proklamasie van uitslae

Langer as drie dae was die saal van die OVK-uitslagsentrum in Pretoria 'n bonte samedromming van agente van politieke partye, verkiesingswaarnemers en verslaggewers. Die saal is egter nou gestroop van kentekens van politieke partye en die stoele is uitgepak voor die groot telbord waar die amptelike uitslag van Verkiesing 2019 Saterdagaand bekend gemaak word. Die saal is reeds sowat 'n kwart vol gaste in afwagting op die groot aankondiging. Foto: Deaan Vivier

2019-05-11 16:48:22

Cope ontevrede oor uitslae én verkiesing

Mosiuoa Lekota, Cope-leier, sê sy party het twee parlementêre setels gewen. Hy is ontevrede oor die uitslag en die verloop van die verkiesing. "Ons sal sien hoe ver ons die kwessie van die klein partye se saak vat," het hy buite die OVK- uitslagsentrum in Pretoria aan Netwerk24 gesê.

Die gebou is vroeër ontruim sodat die polisie dit kon deursoek vir moontlike bomme. Die media en al die partylede moes toe weer in lang toue staan vir herregistrasie voor die aand se proklamasie van die uitslae.

2019-05-11 16:02:54

Dís hoe die parlement voortaan gaan lyk

2019-05-11 16:01:37

Volgende kom die proklamasie

Die uitslagsentrum is gesluit. Almal wat die proklamasie van die uitslae wil bywoon moet herregistreer. Die proklamasie sal waarskynlik om 18:00 plaasvind.

2019-05-11 15:53:17

ANC veral tevrede oor steun in Noord-Kaap

Die ANC bly aan die stuur in al die provinsies, behalwe dieWes-Kaap, wat die DA behou het. Die ANC sê in ‘n verklaring ná diestemtellery dat hy veral tevrede is met sy vertoning in die Noord-Kaap (57,54%),waar die DA gemeen het hy gaan moontlik wen. "Die ANC sien daarna uit om al die inwoners van die provinsie te herenig." Die ANC het die DA geluk gewens met syoorwinning in die Wes-Kaap en onderneem om 'n sterk opposisiestem in dieprovinsie te wees.

2019-05-11 15:33:52

VF Plus: "Baie mense wat nie voorheen gaan stem het nie, het gaan stem"

Dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus, het Vrydagaand by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria mense bedank wat vir sy party gestem het.

2019-05-11 15:00:43Die ANC se Fikile Mbalula, Paul Mashatile, Jesse Duarte en Ace Magashule praat met die media by die Verkiesingskommissie se nasionale uitslagsentrum in Pretoria, waar die uitslag van die verkiesing na verwagting om 18:00 geproklameer sal word. Foto: Simon Sonnekus

2019-05-11 14:42:35

UDM nadat steun halveer

Die UDM is "verras oor en teleurgesteld in" sy vertoning in die verkiesing, het Bantu Holomisa, leier, in 'n verklaring gesê.

Die UDM het met 78 020 stemme 0,45% van die steun op hom verenig, vergeleke met 1% en 184 636 stemme in die vorige verkiesing.

Dit beteken die UDM kan waarskynlik net een setel in die parlement kry.

2019-05-11 14:26:51

Duarte bedank nou die OVK en almal anders wat die verkiesings moontlik gemaak het.

"Ons wens ook alle partye geluk wat aan die vreedsame verkiesing deelgeneem het.

"Die ANC het 'n duidelike en beslissende mandaat gekry."

Duarte is vergesel van ander ANC-topleiers soos Ace Magashule, sekretaris-generaal, Paul Mashatile, tesourier-generaal, en ander party-amptenare. Hulle luister nou na die vrae van joernaliste.

2019-05-11 14:24:03

Duarte oor staatskaping:

"Die mense wil sien dat staatskaping beëindig word en die oortreders tronk toe gaan. Hulle wil sien dat misdaad gepak word en wil in veilige woonbuurte woon.

"Die verkiesing was nie net oor die land wat ons mense wil hê nie, maar ook oor die ANC wat die mense wil dien. Een wat teen wandade in sy midde optree.

"Die boodskap wat ons uit die uitslag neem is dat die mense se vertroue in die ANC terugkeer en dat ons ons foute moet regstel.

"Die uitslag wys talle wil nog oortuig word en ons moet daaraan werk.

"Hulle wil hê ons moet teen staatskaping en korrupsie optree en beter ekonomiese groei bewerkstellig.

"Ons het die boodskap duidelik gekry en sal daarop reageer."

2019-05-11 14:22:35

Duarte oor ANC se swakker steun:

"Ons moes dringend reageer om die afwaartse kurwe te takel. Ons verbind ons tot volhoubare hernuwing en sal korrupsie en gierigheid pak.

"Ons het geen twyfel nie dat daar nog baie meer gedoen moet word.

"Die volgehoue mandaat wat die ANC nasionaal en in agt provinsies gekry het, verteenwoordig die herstel van ons mandaat.

"Onmiddellik na die verkiesings sal die ANC die uitslag en ons verkiesingsveldtog ontleed om lesse daaruit te kan leer.

"Ons mandaat is duidelik. Suid-Afrikaners soek groeiende, inklusiewe ekonomie wat werk skep. Hulle wil hê armoede, ongelykheid en werkloosheid moet gepak word. Hulle soek 'n regering wat vir hulle werk."

2019-05-11 14:20:01

Jessie Duarte, adjunk- sekretaris-generaal van die ANC, praat nou op eNCA oor die ANC se oorwinning.

"Ons is veral tevrede met die oorwinning in die Noord-Kaap.

"Ons het die afwaarste spiraal van 2016 stopgesit.

"Gauteng is die ekonomiese hartland van Afrika. Ten spyte van ons herstel daar, moet ons teruggaan na die basiese.

"Ons wens ook die DA geluk met hul oorwinning in die Wes-Kaap.

"Die kieser-opkoms vanjaar was egter baie swakker as in 2014.

"Ons moet meer doen om die kiesers, veral jeugdiges, so ver te kry om te gaan stem.

"As die ANC het ons die mense en hul stemme gehoor. Die ANC se NUK, gelei deur pres. Cyril Ramaphosa, erken die groot taak wat voorlê.

"In 2016 het die ANC 'n wekroep gekry."

2019-05-11 14:17:54Hoewel die stemme klaar getel is, begin niemand nog oppak by die uitslagsentrum nie. Almal wag vir die proklamasie van die uitslae en die aankoms van pres. Cyril Ramaphosa. Die proklamasie sal ook deur die party-leiers bygewoon word en sal na verwagting tussen 18:00 en 19:00 plaasvind. Ná die proklamasie van die uitslae sal die president en partyleiers ‘n ete bywoon saam met lede van die OVK.2019-05-11 14:07:44

Die syfers nadat Gauteng se laaste stemdistrikte getel is:

ANC: 50,19%

DA: 27,45%

EFF: 14,69%

2019-05-11 13:45:58

Die volledige prentjie nadat al die stemme getel is:

ANC: 57,51%

DA: 20,76%

EFF: 10,79%

IVP: 3,38%

VF Plus: 2,38%

2019-05-11 13:38:25

DA-raadslid wat kleiner partye help, onttrek

Die DA-raadslid wat vir 35 kleiner politieke optree as opdraggewende prokureur, het hom onttrek.

Die DA was vroeër besorg oor 'n botsing van belange rakende Hans-Jurie Moolman, deeltydse raadslid in die Tlokwe- plaaslike munisipaliteit in Potchefstroom.

Moolman is ook ’n praktiserende advokaat by Moolman en Pienaar Ingelyf.

Dié firma het Vrydag aan die OVK geskryf om daarop aan te dring dat ’n onafhanklike firma ’n oudit doen oor bewerings van dubbelstemmery en ander onreëlmatighede tydens die verkiesing.

Moolman het die OVK tot 11:00 Saterdag gegee om ’n onafhanklike ouditfirma aan te stel.

Indien dit nie gebeur nie, kan verdere regstappe volg – insluitende ’n moontlike aansoek vir ’n hofinterdik om te verhoed dat die finale uitslag van die verkiesing bekend gemaak word.

Moolman sê hy tree in sy private hoedanigheid op namens die Forum for Service Delivery (F4SD).

Hy het nie die DA hieroor ingelig nie, maar sê die party is nou daarvan bewus.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, sê sy party is tans in gesprek met Moolman omdat hulle glo dit is ’n botsing van belange.

"Dit is 'n probleem vir die DA. Hy (Moolman) hou vol hy werk in ’n adviserende hoedanigheid en tree nie namens hulle op nie, maar ons dink dit is blote semantiek. Dit is 'n duidelike probleem." - News24

2019-05-11 13:30:16

Oos-Kaap

ANC-steun neem ietwat af van 70,09% tot 68,74%.

Die DA bereik ongekende groei van 6,16% tot 15,73%.

Die EFF groei ook sterk in die provinsie en verdubbel sy syfers van 3,48% tot 7,84%.

2019-05-11 13:03:41

So lyk die prentjie om 13:00

99,99% van stemme is getel.

In Gauteng word gewag op 2 stemdistrikte se resultate.

KwaZulu-Natal se resultate is almal weer in nadat 4 stemdistrikte se resultate vroeër tydelik teruggetrek is.

2019-05-11 13:02:17

Die EFF is nou die amptelike opposisie in altesaam 3 provinsies: Noordwes, Limpopo en Mpumalanga.

2019-05-11 12:49:17

2019-05-11 12:48:49

2019-05-11 12:48:21

2019-05-11 12:26:46

Dit blyk nou die stemdistrikte in KwaZulu-Natal van wie se uitslae terruggetrek is, is weer bevestig met die uitsondering van een distrik.

2019-05-11 12:18:48Intussen word gewag op die uitslae van nog net 2 stemdistrikte in Gauteng.2019-05-11 12:12:17

Daar is nog geen aanduiding van die OVK oor waarom sekere stemdistrikte in KwaZulu-Natal se syfers teruggetrek is nie.

Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte, het vroeër aangekondig 'n oudit van die stemproses gaan gedoen word. Kiesers se identiteitsnommers gaan geverifieer word en die skandeerders sal ook nagegaan word nadat dit aan die lig gekom het mense kon maklik die inkmerke van hul vingers verwyder.

Vier mense in KwaZulu-Natal is juis vroeër gearresteer in verband met klagte wat verband hou met stemknoeiery.

Mamabolo het gesê indien bewyse gevind word van korrupsie in die verkiesing, sal die OVK die uitslae van die betrokke stemdistrikte wat geraak word, in kwarantyn plaas.

Strafregtelike klagte sal ook ingedien word.

2019-05-11 12:06:05

2019-05-11 11:57:32

2019-05-11 11:44:49

2019-05-11 11:44:17

2019-05-11 11:25:40

En daar vloei nog een stemdistrik se resultate in!

Maar nog 'n stemdistrik se uitslae in KwaZulu-Natal is teruggetrek. Dit is nou al die 4de stemdistrik waarvan die uitslae teruggetrek is nadat die provinsie se uitslae vroeër volledig getel is.

2019-05-11 11:23:17

99,96% van die stemdistrikte landwyd se resultate is al in en net 0,04% is nog uitstaande.

Dit sluit in 3 in KwaZulu-Natal wat teruggetrek is, en nog 6 ander in Gauteng.

2019-05-11 11:04:24

Nog 'n stemdistrik in KwaZulu-Natal se uitslae is teruggetrek.

2019-05-11 10:40:05

Vrystaat

Hoewel die DA hier gegroei het met net minder as 'n persentasiepunt, was dit die EFF wat van 8,15% tot 12,58% gegroei het.

Die VF Plus het ook met meer as 'n persentasiepunt gegroei.

Die ANC bly in dié provinsie aan die bewind met 61,14% van die stemme (69,85% in die vorige verkiesing).

2019-05-11 10:38:04

Noordwes

Die EFF het van 13,21% tot 18,64% gestyg en bly die amptelike opposisie hier.

Die ANC het egter van 67,39% in die vorige verkiesing gedaal tot 61,87%.

Die DA het met meer as 'n persentasiepunt gedaal, terwyl die VF Plus stewig gegroei het van 1,72% tot 4,32%.

2019-05-11 10:31:18

Dit lyk of twee stemdistrikte van KwaZulu-Natal se uitslae teruggetrek is.

Dié provinsie is vroeër volledig getel, maar twee van die distrikte se syfers is teruggetrek. Dit is nog onseker waarom dit gebeur het.

2019-05-11 10:22:42

KwaZulu-Natal

In nog 'n bloedneus vir die DA word die IVP die amptelike opposisie nadat hy dit van die DA afgerokkel het. Die IVP se groei van 10,86% tot 16,34% het die DA se 13,9% (12,76% in die vorige verkiesing) verbygesteek.

Die ANC verloor egter sowat 10 persentasiepunte en staan nou op 54,22% vergeleke met die 64,52% wat hy in die vorige verkiesing behaal het.

Maar die groot wenner is die EFF wat van 'n skamele 1,85% in die vorige verkiesing nou sy spiere bult op 9,71%.

* Die syfers is soos wat dit Vrydagaand om 22:00 uitgereik is. Die OVK het intussen die uitslae van sommige van die kiesdistrikte teruggetrek en die finale syfers kan dus ietwat verskil.

2019-05-11 10:17:05

Limpopo

Die ANC se steun het nie so drasties getaan soos in ander provinsies nie, maar die party het tog stemme afgestaan aan die EFF.

Die ANC het 75,47% van die stemme op hom verening, vergeleke met die 78,6% van die vorige verkiesing.

Die EFF het van 10,74% tot 14,44% gegroei.

Die VF Plus het van 0,69% tot 1,43% gegroei.

2019-05-11 10:14:26

Mpumalanga

Die ANC behou die provinsie, maar sy steun daal van 78,23% tot 70,58%.

Die EFF is nou die amptelike opposisie nadat hy verdubbel het in steun met 12,79%.

Die DA het teruggesal tot 9,77% van 10,4% in die vorige verkiesing.

Die VF Plus het ook ongekend met 2,43% gegroei nadat die party in die vorige verkiesing net 0,82% op homself kon verenig.

2019-05-11 10:11:49

Wes-Kaap

Die DA behou dié provinsie, maar daal van 59,38% in die vorige verkiesing tot 55,45%. Die ANC se steun het ook gekrimp van 32,89% tot 28,64%.

Die EFF het sy steun in die provinsie verdubbel, sowel as die ACDP en die VF Plus. Die GOOD-party het vir die eerste keer deelgeneem en het beter as die ACDP en die VF Plus in die provinsie gevaar met 3,01%.

2019-05-11 10:09:12

Noord-Kaap

Met 'n stemopkoms van net 64,12% het die ANC dié provinsie gewen met 'n meerderheid van 57,54%. Die DA is die amptelike opposisie met 25,51%.

Beide die EFF en die VF Plus het hul steun bykans verdubbel sedert die verkiesing in 2014.

2019-05-11 09:46:37

Altesaam 99,91% stemdistriktewas teen 09:40 in Suid-Afrika klaar getel.

In Gauteng, die enigste provinsie waarstemme nog getel word, moet nog net 21 stempunte klaar tel, oftewel 0,72% van die stemdistrikte.Die ANC het indaardie stadium 50,09% van die provinsiale steun in Gauteng op hom verenig. Diemunisipaliteite waar stemdistrikte nog tel, is in Johannesburg (99,53%), Tshwane(99,87%) en Ekurhuleni (97,95% klaar getel).

2019-05-11 09:39:05

Die ANC het meeras tien miljoen stemme ingepalm.

Teen 09:35 hetdie ANC 10 003 499 (57,5%) stemme op hom verenig, gevolg deur die DA met 3 615767 (20,78%) stemme, die EFF met 1 874 321 (10%) stemme, die IVP met 587 805stemme (3,38%) en die VF Plus met 413 891 (2,38%) stemme.

2019-05-11 09:32:22

2019-05-11 09:31:37

2019-05-11 09:02:47

Teen 09:00 was 27 stempunte in Gauteng nog nie klaar getel nie.

Die ANC het in daardie stadium 50,05% van steun in die provinsie gehad, gevolg deur die DA (27,63%), die EFF (14,62%) en die VF Plus (3,6%).

2019-05-11 08:26:56

VF Plus word nou in Limpopo se wetgewer verteenwoordig

Die VF Plus het vir die eerste keer in jare 'n setel in Limpopo se wetgewer gekry. Dié party het 1,42% van die stemme in die provinsie verwerf. Die ANC in Limpopo het 75,49%, (in 2014 was dit 78,97%). Die EFF is die amptelike opposie met 14,43%. Dit is 'n verbetering van die 10,27% in 2014. Die DA het swakker gevaar met 5,4% teenoor 2014 se 6,60%.

2019-05-11 08:20:06

Altesaam 35 stempunte se stemme nog nie bekend nie

In Gauteng het die ANC om 08:15 altesaam 50,05% van die provinsiale steun gehad. Vroeër die oggend was die ANC se steun etlike ure onder die 50%-kerf. Altesaam 35 stempunte, oftewel 1,05% van kiesdistrikte, was nog nie teen 08:15 klaar getel nie. In daardie stadium was Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni al munisipaliteite waar stemme nog nie klaar getel is nie.

2019-05-11 08:05:24Met 99,82% van stemdistrikte wat teen 07:45 klaar getel was, was die ANC met 57,49% van die nasionale steun, oftewel 9 977 161 stemme, die voorloper. Dié steunpersentasie is byna 4,66 persentasiepunte minder as die 62,15% steun wat die regerende party in die 2014-verkiesing ingepalm het. Die DA het ook teen 07:50 steun verloor. Hy het in daardie stadium 20,8% van die steun gehad. In 2014 kon hy 22,23% van die kiesersteun op hom verenig. Die EFF se steun het teen 07:55 van 6,35% in 2014 met altesaam 4,41 persentasiepunte tot 10,36% gegroei. Ook die IVP en die VF Plus het gegroei. Die IVP, in die vierde plek, het sy steun van 2,4% in 2014 na 3,39% vergoot. Die VF Plus, wat vyfde lê, het teen 07:55 altesaam 2,38% van die steun gehad. In 2014 het hy 0,9% van die steun gekry. Patricia de Lille se nuwe party, Good, lê met 0,4% van die steun in die 9de plek.2019-05-11 07:21:36

Die nasionale stempersentasie vir die grootste vier partye in die agt provinsies waar die stemme klaar getel is, lyk as volg:

Wes-Kaap: DA - 52,41%, ANC - 31,23%, EFF - 4,19%, VF Plus - 2,8%

Noord-Kaap: ANC - 58,23%, DA - 24,33%, EFF - 9,71%, VF Plus - 3,29%

Oos-Kaap: ANC - 69,26%, DA - 15,01%, EFF - 7,72%, UDM - 2,29%

Vrystaat: ANC - 63,02%, DA - 16,94%, EFF - 11,61%, VF Plus 3,72%

Noordwes: ANC - 63,69%, EFF - 17,08%, DA - 11,31%, VF Plus - 4,05%

KwaZulu-Natal: ANC - 55,47%, IVP - 14,59%, DA - 14,24%, EFF - 9,96%

Mpumalanga: ANC - 72,73%, EFF - 11,51%, DA - 9,12%, VF Plus - 2,66%

Limpopo: ANC - 77%, EFF - 13,14%, DA - 5,37%, VF Plus - 1,59%

2019-05-11 06:49:00

54 stempunte tel nog

Agt provinsies se stemme is klaar getel, maar in Gauteng, waar die ANC teen 06:40 minder as 50% van die steun gehad het, is die tellery by 54 stempunte nog nie afgehandel nie.

Die kiesdistrikte waar daar teen 06:44 nog getel word, is Johannesburg (98,83%), Tshwane (99,22%) en Ekurhuleni (94,16%).

2019-05-11 06:38:54

ANC verloor meeste steun sedert 1994

Met 99,77% vanstemdistrikte wat klaar getel het, het die ANC in vanjaar se verkiesing teen06:30 sy grootste verlies aan steun sedert die 1994-verkiesing getoon.In daardiestadium het die ANC 57,48% van die nasionale steun gehad, 4,67% minder as die 62,15% wat hy in die vorige algemene verkiesing in 2014 gekry het.In die 2014-verkiesinghet die ANC ’n verlies van 3,75% aan steun gehad en in 2009 was dit 3,79%.Die DA het met20,8% in dieselfde stadium 1,43% minder steun gehad as in die vorige algemeneverkiesing toe hy 22,23% van die steun op hom kon verenig.

2019-05-11 06:24:21

In agt van die nege provinsies waar die stemtellery afgehandel is, lyk die uitslae vir die provinsiale stemmery as volg:

Wes-Kaap: DA - 55,45%, ANC - 28,64%, EFF - 4,04%, Good - 3,01%

Noord-Kaap: ANC - 57,54%, DA - 25,51%, EFF - 9,71 %, VF Plus - 2,68%

Oos-Kaap: ANC - 68,74%, DA - 15,73%, EFF - 7,84%, UDM - 2,6%

Vrystaat: ANC - 61,14%, DA - 17,58%, EFF - 12,58%, VF Plus - 3,69%

Noordwes: ANC - 61,87%, EFF - 18,64%, DA - 11,18%, VF Plus - 4,32%

KwaZulu-Natal: ANC - 54,22%, IVP - 16,34%, DA - 13,9%, EFF - 9,71%

Mpumalanga: ANC - 70,58%, EFF - 12,79%, DA - 9,77, VF Plus - 2,43%

Limpopo: ANC - 75,49%, EFF - 14,43%, DA - 5,4%, VF Plus - 1,42%

2019-05-11 06:06:08

ANC vaar slegterin Gauteng, DA beter

Met 97,1% vanstemme wat teen 06:00 in Gauteng getel is, blyk dit dat meer kiesers in dié provinsievir die ANC op nasionale vlak, as op provinsiale vlak gestem het. Teen 06:00 hetdie ANC 53,03% van die nasionale steun in Gauteng gehad, maar net 49,95% vanprovinsiale steun. Vir die DA lykdie prentjie omgekeer – hy het op provinsiale vlak 27,76% van kiesersteun inGauteng gekry, maar net 24,76% van die nasionale steun in dié provinsie. Ook die EFF het op provinsiale vlak (14,56%) beter in Gauteng gevaar as op nasionale vlak(13,41%).

2019-05-11 05:35:26

2019-05-11 05:21:39

ANC onder 50% intwee uit drie oorblywende stemdistrikte

In die driestemdistrikte in Gauteng waar kiesbeamptes nog stemme tel, is die ANC se steun tansminder as 50%.Opposisiepartyehoop die ANC verloor sy volstrekte meerderheid in Gauteng, die ekonomiesemasjienkamer van Suid-Afrika.

In sowel Johannesburg as Tshwane het die ANC teen 05:15 minder as 50% van die steun gehad. InJohannesburg was dit 49,42% en in Tshwane 45,97%. In Johannesburgis 98,36% van stemdistrikte klaar getel en in Tshwane 98,44%.In Ekurhuleni,die een oorblywende stemdistrik waar die ANC tot nou meer as 50% kon behaal,is die stemtellery egter agter. Slegs 93,69% van stemdistrikte daar is klaar. Die ANC het teen05:15 52,2% van die steun in Ekurhuleni gehad.

2019-05-11 05:01:07

ANC daal tot onder 50% in Gauteng

Die ANC se steun in Gauteng het nou tot onder die 50%-kerf gedaal en staan teen 04:55 op 49,95%. Die DA lê met 27,29% in die tweede plek. Hy het in die vorige verkiesing 30,78% gekry. Die EFF vaar tans met 14,53% goed. In 2014 het hy 10,3% van die provinsiale steun in dié provinsie gekry.

97,58% van die stemdistrikte is klaar getel.

2019-05-11 04:25:21Die ANC in Gauteng se steun staan tans op 50,02% nadat hy 'n halfuur vroeër op 50,04%, en 'n halfuur voor dit, op 50,06% van die steun gestaan het. 2019-05-11 04:21:46

ANC en EFF teen 04:00 steeds genoeg steun vir tweederde meerderheid

Met 99,63% van stemdistrikte wat klaar getel is, was die ANC teen 04:00 die voorloper met 57,53%. Die DA was tweede met 20,77% en die EFF derde met 10,73%. Die IFP het 3,4% van stemme gekry en die VF Plus 2,36%. Die EFF en die ANC se gesamentlike steun was teen 04:00 genoeg om die tweederde-meerderheid te kry wat nodig is om die Grondwet te verander om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

2019-05-11 04:19:40

Johannesburg, Thswane en Ekurhuleni tel nog

Buiten in Johannesburg,Tshwane en Ekurhuleni, is die stemme in alle ander stemdistrikte in Gauteng klaar getel. Dieres van die land se provinsies se stemme is klaar getel. Teen 04:15 was 98,24%van stemdistrikte in Johannesburg klaar getel. In Tshwane was dit 96,86% en inEkurhuleni 93,38%.Uit dié driestemdistrikte vaar die ANC die swakste in Tshwane met 46,06 % van die steun.Teen 04:15 het die ANC se steun in die provinsie op 50,04% byna tot onder die50%-kerf gedaal.

2019-05-11 03:51:37

2019-05-11 03:50:14

ANC se steun gly in Gauteng

Die ANC se steun in Gauteng staan tans op 50,06%.

2019-05-11 03:26:13

ANC byna onder 50% in Gauteng

Buiten in Johannesburg,Tshwane en Ekurhuleni, is alle ander stemdistrikte in Gauteng klaar getel. Dieres van die land se provinsies se stemme is klaar getel. Teen 03:15 was 98,71%van stemdistrikte in Johannesburg klaar getel. In Tshwane was dit 94,92% en inEkurhuleni 92,27%.Uit dié driestemdistrikte vaar die ANC die swakste in Tshwane met 50,12% van die steun.Teen 03:20 het die ANC se steun in die provinsie op 50,12% byna tot onder die50%-kerf gedaal.

2019-05-11 02:57:26

Sowat 4% van stemdistrikte in Gauteng nog nie klaar getel

Gauteng is nou al provinsie waar daar nog stemme getel word. Teen 02:45 was 95,85% van stemdistrikte in dié provinsie klaar getel. In daardie stadium het die ANC 50,26% kiesersteun gehad, gevolg deur die DA (27,56%), die EFF (14,54%) en die VF Plus (3,51%).

2019-05-11 02:45:21

KwaZulu-Natal ook klaar

Teen 02:40 was die stemme in KwaZulu-Natal ook klaar getel. Dit bring die getal provinsies wat se provinsiale verkiesingsuitslae bekend is op agt te staan. In KwaZulu-Natal het die ANC die derde swakste gevaar, hoewel hy 'n volstrekte meerderheid behaal het met 54,22% van die steun, oftewel 1 951 257 stemme. Die IVP is met 16,34% nou die amptelike opposisie. Die DA (13,9%) lê derde, en die EFF (9,71%) vierde. Altesame 56 501 bedorwe stembriewe is in die provinsie aangemeld en 66,16% van die geregistreerde kiesers het gestem.

2019-05-11 02:25:20

Limpopo en Vrystaat klaar getel

Teen 02:15 het die Vrystaat en Limpopo hul name gevoeg by die lys van provinsies waar die stemme klaar getel is.

In Limpopo het die ANC met 75,49% van die steun, oftewel 1 096 300 stemme, 'n volstrekte meerderheid. Hy word gevolg deur die EFF met 14,43%, die DA met 5,4% en die VF Plus met 1,42%. Limpopo was teen 02:20 die provinsie wat die swakste kiesersopkoms (56,36%) gehad het. Altesame 18 072 bedorwe stembriewe is hier ingedien.

In die Vrystaat het die ANC meer as 60% van die steun gekry - 61,14%, oftewel 541 535 stemme. Hy word gevolg deur die DA (17,58%), die EFF (12,58%) en die VF Plus (3,96%). In die Vrystaat het 61,35% van geregistreerde kiesers gaan stem. Altesame 11 508 bedorwe stembriewe is aangemeld.

2019-05-11 02:10:55

DA gewildste in Stellenbosch

Met alle stempunte watklaar getel is in die Wes-Kaap, is Stellenbosch die stemdistrik waar die DA die beste gevaarhet ten opsigte van die nasionale verkiesing. Die DA het in dieEikestad 58,14% van die steun, oftewel 36 373 van die stemme, ingepalm. Sy naasteteenstander, die ANC, kon net 28,51%, oftewel 25 379 stemme, op homverenig.

Naas Stelllenboschis Drakenstein, waaronder die Paarl val, die stemdistrik waar die DA nasionaal die beste gevaar het met 57,38% van die stemme. Die ANC, in die tweede plek, het hier 28,51% gekry.Die stemdistrikwaar die DA nasionaal die derde gewildste was, is Prince Albert in die Karoo. Die DAkon daar 57,22% van die steun inpalm, met die ANC tweede op 34,57%.

2019-05-11 01:33:35

4 provinsies nog nie klaar getel nie

Teen 01:20 was daar nog vier provinsies met stempunte wat nog nie klaar getel was nie. Met 93,72% van stempunte klaar getel, was Gauteng die provinsie waar die grootste getal stempunte se stemme nog uitstaande was. Die ander provinsies waar stemme nog getel word, is die Vrystaat (99,87% reeds getel), Limpopo (99,97%) en KwaZulu-Natal (99,92%). In dié provinsies het die voorlopige uitslae teen 01:25 as volg gelyk:

Gauteng: ANC - 50,59%, DA - 27,27%, EFF - 14,57%, VF Plus - 3,42%

Vrystaat: ANC - 61,17%, DA - 17,55%, EFF - 12,59%, VF Plus - 3,94%

Limpopo: ANC - 75,49, EFF - 14,43%, DA - 5,4%, VF Plus - 1,42%

KwaZulu-Natal: ANC - 54,21%, IVP - 16,36%, DA - 13,89%, EFF - 9,71%

2019-05-11 01:05:48

5 uit 9 provinsies klaar getel

Teen 00:50 was 100% van stempunte in vyf provinsies klaar getel. Hulle is:

Noord-Kaap: ANC - 57,54%, DA - 25,51%, EFF - 9,71%, VF Plus - 2,68%

Wes-Kaap: DA - 55,45%, ANC - 28,64%, EFF - 4,04%, Good - 3,01%

Noordwes: ANC - 61,87%, EFF - 28,64%, DA - 11,8%, VF Plus - 4,32%

Mpumalanga: ANC - 70,58%, EFF - 22,49%, DA - 9,77%, VF Plus 2,43%

Oos-Kaap: ANC - 68,74%, DA - 15,75%, EFF - 7,84%, UDM - 2,6%

2019-05-11 00:36:43

OVK maak amptelike uitslae ná 18:00 bekend.

Luidens 'n verklaring wat die OVK pas uitgereik het, sal die uitslae Saterdag tussen 18:00 en 19:00 amptelik bekend gemaak word by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria. Netwerk24 plaas intussen die voorlopige uitslae wat nog deur die OVK nagegaan moet word.

2019-05-11 00:33:20

Gauteng

Teen 00:30 het die ANC 50,47% kiesersteun in Gauteng op hom verenig. Altesame 91,81% van die stemdistrikte is klaar getel. Die DA is tweede met 27,4% van die steun en die EFF derde met 14,5%.

2019-05-11 00:05:19

Noord-Kaap

In die Noord-Kaap het 58,23% van kiesers wat hul kruisies getrek het, vir die ANC gestem. Die DA het 24,33% en die EFF 9,71% van die stemme ingepalm.

2019-05-11 00:02:09

Oos-Kaap

Die ANC staan steeds sterk in die Oos-Kaap. Die regerende party het 69,26% van die stemme ingepalm, terwyl die DA en die EFF onderskeidelik net 15,01% en 7,72% kon behaal.

2019-05-10 23:59:10

KwaZulu-Natal

In KwaZulu-Natal het die ANC 55,55% van die steun ontvang. Maar die merkwaardigste verskynsel hier was die IVP wat 14,79% van die stemme ingepalm het, en so die DA as die amptelike opposisie onttroon het. Laasgenoemde het 14,01% van die stemme ontvang. Die ANC sal glad nie tevrede wees nie, want hy het in die vorige nasionale verkiesing in 2014 65,31% van die stemme hier ingepalm.

2019-05-10 23:51:08

Noordwes

In Noordwes het die meeste kiesers ook hul kruisies langs die regerende party getrek. Die ANC het hier 63,69% van die stemme gekry, terwyl die EFF 17,08% en die DA 11,31% behaal het.

* Hierdie syfers moet nog deur die OVK nagegaan word.

2019-05-10 23:49:52

Mpumalanga

In Mpumalanga het die ANC 70,58% van die stemme ingepalm. Die persentasie steun vir die EFF hier was 12,79% en vir die DA 9,77%.

2019-05-10 23:46:05

2019-05-10 23:45:52

2019-05-10 23:45:40

2019-05-10 23:45:28

2019-05-10 23:44:10Van die provinsies waar al die stemme reeds getel is, sluit in Mpumalanga, Noordwes, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, die Wes-Kaap en die Noord-Kaap.2019-05-10 23:39:52Altesaam 98,41% van alle stemdistrikte oor Suid-Afrika heen se resultate is al verwerk. Ons is nou op die hond se stert.2019-05-10 23:26:49

88,42% van die stemdistrikte in Gauteng is om 22:50 getel. 321 stemdistrikte is nog uitstaande. Die ANC is steeds die voorloper met meer as 'n miljoen stemme (50,45%).

2019-05-10 23:25:12

2019-05-10 23:15:24

OVK wil uitslae bekend maakondanks dreigenderegsaksie

Met die tel van stemme wat einde se kant toe staan, is die Verkiesingskommisie (OVK)voornemens om die amptelike uitslae so gou moontlik bekend te maak ondanks die27 opposisiepartye wat dreig met regstappe om die aankondiging van die uitslae tekeer.

Janet Love, verkiesingskommissaris, het Vrydagaand gesê die kommissie het nie regstreekse bewyse gekry dat verkiesingsbedrog by sommige stemlokaleplaasgevind het nie, maar sal ’n oudit doen van meer as 1 000 stemlokale weens diebewerings wat gemaak is.

Klik hier om die volledige berig te lees.