As die ANC 57% kiesersteun op nasionale vlak behaal, sal dit die "beste scenario" vir dié party wees.
Minstens een politieke ontleder het Donderdag dié mening gehuldig nadat die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) bevind het dat die ANC se kiesersteun in Woensdag se algemene verkiesing tot onder die 60%-merk kan daal.
Die ANC het 62,15% van die stemme oftewel 249 setels in die Nasionale Vergadering in die 2014 nasionale en provinsiale verkiesing op homself verenig.
Syfers van die WNNR se navorsing wat op statisties wetenskaplike modelle geskoei en in samewerking met die SAUK gedoen is, voorspel dat die ANC in die 2019 algemene verkiesing tot 57,63% sal terugsak terwyl die DA 20,96%, die EFF 10, 12% en die IVP 3,53% van die stemme sal verower.
Steun vir die VF-Plus sal volgens die WNNR tot 2,67% aangroei. Dit sal beteken dat hul steun amper sal verdriedubbel aangesien dit in die 2014 algemene verkiesing 0,90% van die stemme behaal het.
Die ANC se steun sal volgens die WNNR se voorspellings in Gauteng ook tot op 49% daal.
As jy kyk na die EFF, is hulle steeds onder 10% en dit blyk asof dit DA nie goed vaar nie. Verskeie peilings het aangedui hulle gaan sukkel om te groei.
Die instelling voorspel dat die stemopkoms in die omgewing van 65,03% sal wees.
Ralph Mathekga, politieke ontleder aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), het by die Verkiesingskommissie (OVK) se nasionale uitslagsentrum in Pretoria gesê dit kom voor asof die ANC maar moet verlief neem daarmee hulle onder die 60%-kerf gaan eindig.
"As jy kyk na die EFF, is hulle steeds onder 10% en dit blyk asof dit DA nie goed vaar nie. Verskeie peilings het aangedui hulle gaan sukkel om te groei."
Die vraag is of die ANC en die EFF saam 'n tweederdemeerderheid sal behaal om byvoorbeeld die Grondwet te wysig.
"Ek dink nie hulle sal in staat wees om dit te doen nie. Dit gaan moeilik wees - onthou jy het die klein partye wat altyd 1% of so vat. Maar ook belangrik is die vraag oor of dit strategies is - as die ANC onder 60% inkom, sê dit hul manifes is nie met oorverdowende goedkeuring ontvang nie. Dit beteken hulle mag dalk die remme aanslaan om die Grondwet te verander. Hulle mag dalk gesprekke voer om konsensus te bereik. As jy 56% van die stemme het, marsjeer jy nie al die pad nie. Jy praat met mense."
'n Stempersentasie van 60% vir die ANC is gevaarlik en kan die party arrogant maak.
"Wat sal 56% beteken? Dit is die beste scenario - dit sê die kiesers het nie die ANC totaal goedgekeur nie, nóg was dit totaal verwerp."
Wat sal 56% beteken? Dit is die beste scenario - dit sê die kiesers het nie die ANC totaal goedgekeur nie, nóg was dit totaal verwerp.
Dit sal beteken die ANC moet onderhandel en konsensus soek in verskeie gemeenskappe oor verskeie beleidskwessies. "Enigiets wat diplomatieke maneuvrering vereis, is beter vir pres. Cyril Ramaphosa," sê hy.
Theo Venter, politieke ontleder aan die Noordwes-universiteit, het oor die voorspelling van 2,67% vir die VF-Plus gesê dat dit op "massiewe steun" vir die party neerkom.











