Verkiesings 2024

President op 22 Junie ingehuldig?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Blou Bulle-maatskappy het Maandag om verskoning gevra vir ’n bakleiery wat by Loftus Versfeld tussen toeskouers uitgebreek het.Foto: Deaan Vivier
Die Blou Bulle-maatskappy het Maandag om verskoning gevra vir ’n bakleiery wat by Loftus Versfeld tussen toeskouers uitgebreek het.Foto: Deaan Vivier

Dit blyk die presidensiële inhuldigingseremonie sal op 22 Junie op Loftus Versfeld, Pretoria, plaasvind.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het in 'n skrywe aan sy lede gesê hy het kommunikasie van die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel (GCIS) ontvang wat die datum bekend maak.

Reggy Moalusi, uitvoerende direkteur van Sanef, het egter by navraag gesê Netwerk24 moet bevestiging by die GCIS kry.

William Baloyi, woordvoerder van die GCIS, het op sy beurt gesê navrae moet aan Vincent Magwenya, woordvoerder van die president, gerig word.

"Daar is 'n interministeriële komitee wat verantwoordelik is vir die inhuldiging. Sover ek weet is daar nog geen aankondigings gemaak nie," het Baloyi gesê.

Magwenya het by navraag gesê daar is nog geen aankondiging gemaak nie en hy is nie seker waar Sanef aan die datum kom nie.

Netwerk24 het vroeër berig dat die Blou Bulle op soek is na 'n ander stadion ingeval hy die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK)-eindstryd haal en 'n tuiswedstryd speel.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM