Verkiesings

OORSIG: OVK sê oor telproses

Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie (OVK) het die media om 14:00 toegespreek oor die verloop van die telproses. Kyk hier na 'n video van die uitsending:

2019-05-09 14:35:47Die mediakonferensie kom tot 'n einde. Hiermee sluit Netwerk24 se regstreekse uitsending. 2019-05-09 14:33:53

Oor gerugte van Russiese invloed, sê Love dat die OVK geen bewyse het van enige buitelandse invloed of druk nie.

"Ons sê nie dit kan nooit gebeur nie, maar ons stel voortdurend ondersoek in na enige inligting en beweringe om te verhoed dat dit gebeur."

2019-05-09 14:31:24Janet Love, 'n OVK-kommissaris: "Die normale proses, wat ons gewoonlik doen, is dat ons dadelik ondersoek instel na prosesse waar ons patrone van ongerymdhede sien. Ons stelsel is reg en in plek sodat ons dadelik probleme en klagtes kan optel en dadelik kan ondersoek en só verseker die stemproses was vry en regverdig."2019-05-09 14:23:24Mosotho Moepya van die OVK sê die tekort aan stembriewe kan toegeskryf word aan die groot getalle mense wat gestroom het na stembusse waar die rye korter was. Só het die stembriewe vinnig opgeraak.2019-05-09 14:22:32'n Beampte van die OVK sê nou dit is nie vreemd vir die hoofverkiesingsbeampte om saam met die president van 'n party gesien te word nie. 2019-05-09 14:21:34

Mamabolo het vroeër gesê as bewyse gevind word van korrupsie in die verkiesing, sal die OVK die uitslae "in kwarantyn plaas" van die stemdistrikte wat geraak word. Strafregtelike klagte sal ook teen die oortreders ingedien word.

2019-05-09 14:14:39

2019-05-09 14:13:03

Die ink wat op kiesers se duime gebruik is, is by 'n Suid-Afrikaanse maatskappy gekoop.

Wat betref die penne wat in die 2019-verkiesing gebruik is, sê Mamabolo, het die OVK vasgestel dat die ink-samestelling drasties anders was as die penne wat gebruik is in die vorige verkiesings.

2019-05-09 14:11:22

Die doel van die oudit is 'n verskeringsmeganisme om seker te maak alles het reg afgeloop tydens die stemproses.

Mamabolo wil nie nou al uitlap wat presies die oudit gaan behels en op watter aspekte van die stemproses daar nader ondersoek gedoen gaan word nie.

2019-05-09 14:07:12Vier mense in Kwa-Zulu Natal is gearresteer in verband met klagte wat verband hou met stemknoeiery.2019-05-09 14:06:18Mamabolo sê die meeste van die stemme sal teen Donderdagaand om 22.00 bekend gemaak word. Hy het die hoop uitgespreek dat al die uitslae vroeg Vrydagoggend bekend gemaak sal word.2019-05-09 14:05:08Die OVK het 'n beroep gedoen op die media, politieke partye en die res van Suid-Afrika om geduldig te wees terwyl die stemproses afgehandel word.2019-05-09 14:04:38Die OVK gaan ook 'n ondersoek doen oor die ink wat op kiesers se duime aangebring is, wat glo te maklik afgekom het. 2019-05-09 14:04:04

Kiesers se identiteitsnommers gaan geverifieer word. Skandeerders gaan ook nagegaan word.

Volgens wet het die OVK sewe dae tyd om die stemproses en -uitslae na te gaan. Mamabolo is vol vertroue dat die OVK betyds klaar sal wees met dié proses.

2019-05-09 14:02:34Sy Mamabolo is nou aan die woord. 'n Oudit van die stemproses gaan gedoen word.

CTA