PEULGROENTE VIR ENERGIE
Dit sluit in lensies, boontjies en ertjies. Peulgroente bevat lae-GI-koolhidrate en ook die B-vitamien folaat. Probeer om ongeveer 400 mikrogram (µg) per dag in te neem. ¼ - ½ koppies gaar lensies bevat 100 µg.
Hoekom?
Glukose wat stadig vrygestel word, gee die brein genoeg energie om optimaal te funksioneer. Folaat verlaag die vlak van skadelike aminosure wat breinfunksie kan verswak.
OLIERIGE VIS VIR GELUK
Salm, tuna en sardientjies voorsien jou van noodsaaklike omega-3-vetsure. Dit help met breinontwikkeling, groei en die werking van senuweefsel.















