Vis

Gevulde vis

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Vis

  • heel stokvis, kabeljou of geelbek (Cape salmon), ongeveer 1 kg
  • sout en peper
  • bietjie droë broodkrummels
  • 30 ml (2 e) botter
  • Botter-*, Pietersielie-* of Italiaanse tamatiesous*

Vulsel

  • 375 ml (1½ k) vars broodkrummels
  • 30 ml (2 e) gekapte pietersielie
  • 1 klein gekapte ui
  • 5 ml (1 t) gedroogde gemengde kruie
  • 5 - 10 ml (1 - 2 t) fyngerasperde suurlemoenskil
  • 5 - 10 ml (1 - 2 t) fyngerasperde vars gemmer
  • 1 eier, geklits

1. Maak die vis netjies skoon* en haal die ruggraat uit. Hou die vis origens heel. Strooi sout en peper oor.

2. Voorverhit die oond tot 190 ºC (375 ºF). Meng die bestanddele vir die vulsel en maak klam met die geklitste eier. Hou eenkant.

3. Stop vis met die vulsel en bind vas met 'n toutjie.

4. Plaas vis op 'n gesmeerde bakplaat of in 'n oondvaste bak, strooi droë broodkrummels oor en sit klontjies botter bo-op.

5. Bak 30 - 40 minute of tot net gaar, na gelang van die dikte van die vis.

6. Dien op met botter-, pietersielie- of Italiaanse tamatiesous of gegeurde botter.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS