- 2 middelslag-uie, fyngekap
- 30 ml (2 e) botter of margarien
- 5 - 10 ml (1 - 2 t) matige kerriepoeier
- 30 ml (2 e) meelblom
- 5 ml (1 t) sout
- 2,5 ml (½ t) peper
- 15 ml (1 e) suiker
- 30 ml (2 e) asyn of 15 ml (1 e) elk asyn en blatjang
- 500 ml (2 k) Aftreksel* of water
- 6 hardgekookte eiers
1. Braai die uie effens bruin in die botter of margarien.
2. Meng die kerriepoeier, meelblom, sout, peper en suiker en maak aan met die asyn of blatjangmengsel.
3. Roer dit by die warm vleisaftreksel of water in. Roer kerriemengsel geleidelik by die uie in.
4. Roer aanhoudend en kook stadig 10 minute lank.
5. Giet die kerriesous in 'n warm bak. Halveer die eiers in die lengte of dwarste en rangskik bo-op sous.
Wenke
• Vir 'n ligte middag- of aandete kan die gereg op 'n laag gaar rys opgedien word.
• Vir afwisseling, voeg twee ryp piesangs, in skyfies gesny, by die kerriesous.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT







