- 6 - ekstragroot eiers
- 2 eetlepels - gesoute botter
- - sout en varsgemaalde swartpeper
- 1 teelepel - grasuie, gekap
- ½ koppie - gerookte salmlinte
- 4 teelepels - crème fraîche
- 4 - vars croissants, oopgesny en gerooster
1 Verhit 'n swaarboompan oor matige hitte en smelt 1 eetlepel botter daarin. Breek die eiers in diepan en vou die eiers versigtig om soos wat jy dit stadig in die botter braai.
2 Voeg ná 'n minuut se braai nog 'n eetlepel botter by en hou aan oorvou. Sodra die eiers romerig en goed gemeng voorkom, kan jy dit van die hitte verwyder. Die oorblywende hitte in die pan sal dit aanhou kook en jy wil dit beslis nie droog en korrelrig hê nie.
3 Geur die eiers nou met die sout, swartpeper en grasuie, en vou die salm daarby in. Skeur of kap die salm kleiner soos nodig. Skep dit op warm croissants, met 'n lepeltjie crème fraîche en ekstra linte salm. Sit dadelik voor.
Wenk
Kyk in jou supermark of deli vir pakkies offcut- gerookte salm. Dit is goedkoper as die heel linte en ideaal vir resepte soos dié.






