Eiers

Roereiers

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

1. Klits die eiers en voeg 15 - 30 ml (1 - 2 e) melk en 0,5 ml (1⁄8 t) sout by vir elke eier.

2. Stoom eiers oor kokende water en roer stadig en aanhoudend totdat dit gestol het. Dié metode gee romeriger roereiers.

Of

1. Smeer 'n braaipan met 15 ml (1 e) botter of olyfolie en verhit oor lae hitte (die pan moet nie te warm wees nie).

2. Giet die geklitste eiers daarin en roer aanhoudend totdat dit gestol het.

Variasies

Die volgende kan by die roereiers gevoeg word:

• gerasperde kaas

• gekapte gaar ham, hoender of enige koue vleis

• gekapte pietersielie, basiliekruid, dille, grasuie, origanum, tiemie en gaar ui

• gekerfde biltong (of strooi dit bo-oor)

• repies gebraaide ontbyspek

• blokkies fetakaas

• skywe avokado

• oorskietgroente

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

CTA