1. Volg die algemene reëls vir Gestoomde poedings*.
2. Sit die vorm of blikkie met die poedingmengsel op die geperforeerde vals boom of rakkie in die drukpot.
3. Voeg 1 - 1,25 liter (4 - 5 k) warm water by, tensy die resep anders aandui.
4. Laat die stoom eers 20 minute lank by die klep uitstroom voordat die drukpot toegemaak of die drukmeter opgesit word, tensy resep anders aandui. Stoom volgens tydsaanduiding van resep. Alternatiewelik kan water op kookpunt gebring en poeding eers 20 minute met 'n gewone deksel geprut word voor die drukkokerdeksel opgesit word. Volg resep soos aangedui.
5. Laat pot stadig afkoel, tensy resep anders aandui.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT















