- 125 ml (½ k) suiker
- 30 ml (2 e) meelblom
- 'n knippie sout
- 15 ml (1 e) botter, gesmelt
- 2 eiers, geskei
- 45 ml (3 e) suurlemoensap
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 200 ml (4⁄5 k) melk
- 125 ml (½ k) water
1. Meng suiker, meelblom, sout en botter.
2. Klits eiergele en voeg by.
3. Voeg suurlemoensap, -skil en melk by.
4. Klits eierwitte styf en vou in.
5. Skep mengsel in 'n gesmeerde bakkie wat gemaklik in die drukpot pas en bind met bakpapier toe.
6. Plaas rakkie in drukpot en giet 125 ml (½ k) water in. Sit bakkie op die rakkie.
7. Sit deksel op en laat stoom 30 sekondes lank deur die klep ontsnap, indien moontlik, of laat water prut met 'n gewone deksel op. Stoom dan 15 minute lank by 100 kPa.
8. Koel drukpot vinnig af in koue water.
9. Haal uit en sit voor in bakkie waarin gestoom is of keer baie versigtig uit. Sit warm of koud met vanieljeroomys en Suurlemoensous* voor.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT















